Mediaverklarings

Die enigste oplossing vir SA se ekonomiese probleme is die toepassing van vryemark-beginsels

2015-02-24
Adv Anton Alberts

Die tekens van Suid-Afrika se ekonomiese verval raak toenemend sigbaar en dit het nou van kritieke belang geword om die land se bestaande en mislukte ekonomiese beleid te vervang met ʼn haalbare en werkbare beleid, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor... Lees verder


Magashule is onbevoeg om probleme op te los

2015-02-23
Wouter Wessels

Terwyl die Vrystaat op alle vlakke in chaos gedompel is, gaan premier Ace Magashule waarskynlik tydens sy openingsrede weereens verval in blaamverskuiwing, politieke retoriek en ontkenning.

Volgens Wouter Wessels, VF Plus-lid in die Vrystaatse Wetgewer, het premier Magashule reeds bewys dat hy nie ... Lees verder


Nala-rioolaanleg verwoes en gevandaliseer

2015-02-23
Die Redaksie

Terwyl riool in die strate van Wesselsbron loop, is ʼn splinternuwe rioolaanleg in onbruik en word dit gevandaliseer.

Tydens die 2008/09 finansiële jaar is die nuwe rioolaanleg goedgekeur. ʼn Kontrakteur is dienooreenkomstig aangestel om die aanleg te bou. Die aanleg is nooit voltooi nie,... Lees verder


Schaik-aansoek vir gewone parool skandalig

2015-02-23
Dr Pieter Groenewald

“Shabir Schaik se aansoek om sy mediese parool om te skakel in gewone parool, is bewys dat sy mediese parool ʼn klug was. Vir mediese parool moes hy terminaal siek gewees het, en indien hy nou genees is, moet omvattende inligting beskikbaar gestel word watter mediese behandeling hy ontvang... Lees verder


Twaalf punte waaraan die premier van Gauteng aandag moet gee

2015-02-20
Die Redaksie

Met die oog op die jaarlikse opening van die Gauteng Wetgewer eerskomende Maandag en die lewering van die premier, David Makhura se provinsiale rede, het die VF Plus in Gauteng ʼn 12 punt plan voorgestel waaraan die premier dringend moet aandag gee.

Die VF Plus sê dat die inwoners van Gauteng ... Lees verder


ANC-regering se onteienings- en beleggingswetsontwerpe bekommer Franse regering

2015-02-20
Adv Anton Alberts

Die Franse ambassadeur in Suid-Afrika, mev. Elisabeth Barbier, het in ʼn gesprek met die VF Plus haar kommer uitgespreek oor die ‘rigting’ wat die ANC-regering inslaan en sê hulle voel nie ‘gemaklik’ oor Franse beleggings in Suid-Afrika nie, sê adv. Anton Alberts, ... Lees verder


Daspoort sewe maande in die donker

2015-02-19
Die Redaksie

Moedelose inwoners van Daspoort het die VF Plus genader en gevra om in te tree nadat hulle tevergeefs verskeie versoeke aan die Tshwane-metroraad gerig het om straatligte in Ribbenstraat, Daspoort te herstel.

Rdl. Barend Erasmus, VF Plus-raadslid in die Tshwane-metroraad, het op versoek van... Lees verder


Menseregtekommissie gaan pres. Zuma se Jan van Riebeeck-uitlatings vir haatspraak ondersoek na klagte van die VF Plus

2015-02-18
Adv Anton Alberts

Die Menseregtekommissie (MRK) gaan die onlangse uitlatings van pres. Jacob Zuma oor Jan van Riebeeck ondersoek na ʼn klag van die VF Plus wat aanvoer dat dit op haatspraak teenoor wit mense neerkom, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor kommunikasie.

Pres.... Lees verder


Rou riool en bloedwater vloei in Nala se strate

2015-02-17
Die Redaksie

Die Vryheidsfront Plus in die Nala-munisipaliteit is geskok oor hoe min die munisipaliteitsbestuur werklik vir sy dorpe omgee. Die totale verval van die munisipaliteit se rioolwerk wat in so ʼn haglike toestand is dat rou riool en bloedwater in Bothaville en Wesselsbron se strate vloei, is ʼn... Lees verder


Stop magsvergrype deur metropolisie

2015-02-17
Die Redaksie

Die VF Plus is geskok oor die gedrag van metropolisie beamptes wat vroue en kinders aanrand. So sê rdl. Awie Erasmus, VF Plus raadslid in die Tshwane Metroraad, nadat Geneel Maritz (20) verlede week deur ʼn beampte in Van der Hofweg, Pretoria van die pad getrek is. Sy is glo deur die beampte... Lees verder


« 1 2 ... 53 54 55 56 57 ... 100 101 »