Mediaverklarings

Nuwe waarnemende hoof van misdaadintelligensie oënskynlik nog ʼn Zuma-kader

2017-08-24
Dr Pieter Groenewald

Die aanstelling van genl.maj. King Bhoyi Ngcobo as die nuwe waarnemende hoof van misdaadintelligensie is baie kommerwekkend aangesien dit duidelik net nog ʼn ontplooiing van ʼn lojale kader van pres. Jacob Zuma is, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Dr. Groenewald sê... Lees verder


Werkbare strategie nodig om ekonomie te laat groei

2017-08-22
Adv Anton Alberts

Die euwels van armoede en ongelykheid hang soos ʼn donker wolk oor Suid-Afrika se ekonomie. Om dit te behandel sal groot omsigtigheid verg en sukses sal grootliks afhang op welke van die twee terreine die fokus geplaas word,” sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre... Lees verder


Regering moet dringend ingryp oor plaasmoorde

2017-08-22
Dr Pieter Groenewald

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het vandag in ʼn ledeverklaring in die parlement gesê die vlaag van plaasmoorde en -aanvalle, en veral die wreedheid wat daarmee gepaard gaan, maak dit toenemend ʼn saak van dringendheid vir die regering, en veral vir die minister van polisie, om... Lees verder


Banke moet ligloop om rekeninge vir Manyi-firma te open na transaksie met Guptas

2017-08-22
Adv Anton Alberts

Alles dui daarop dat die transaksie tussen Jimmy Manyi en die Guptas kunsmatig is waar die Guptas spasie tussen hulself en banke probeer skep om sodoende rekeninge in Manyi se naam oop te maak en banke moet bedag wees daarop,” sê adv. Anton Alberts, voorsittter van die VF Plus.

Hy... Lees verder


Afrikaans hou Tulbagh-leerlinge in asbesskool

2017-08-21
Jaco Prins

Leerlinge van ʼn oorvol Afrikaanse skool in Tulbagh moet in asbeskamers skoolgaan terwyl ʼn nuwe skool wat teen R71 miljoen net buite die dorp gebou is en slegs Xhosa en Engels as voertaal gebruik, half leeg staan aangesien die gemeenskap van Tulbagh oorwegend Afrikaanssprekend is.

Jaco Prins, die... Lees verder


Plaasmoorde: Veiligheidstelsels moet ondersteun word

2017-08-21
Dr Pieter Groenewald

Die vlaag van landwye plaasmoorde en -aanvalle, veral die afgelope paar weke, maak dit toenemend ʼn saak van dringendheid dat boere moet aansluit en inskakel by hul landbou-unies se veiligheidstelsels, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Luidens statistiek van die TLU SA, was... Lees verder


Immuniteit vir Grace Mugabe ondermyn die regstelsel

2017-08-20
Dr Pieter Groenewald

Indien dit waar is dat die Suid-Afrikaanse regering diplomatieke immuniteit aan Grace Mugabe toegestaan het, is dit nie net skandalig nie, maar ondermyn die regstelsel en laat die slagoffer in die steek, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Dr. Groenewald sê dit is... Lees verder


Zuma moes vroeër opgetree het teen Manana

2017-08-19
Dr Pieter Groenewald

Die VF Plus verwelkom die besluit van die adjunkminister van hoër onderwys , Mduduzi Manana, om te bedank na ʼn voorval in Fourways waar hy ʼn vrou aangerand het, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Dr. Groenewald sê dit is nogtans betreurenswaardig dat pres. Jacob Zuma ... Lees verder


Barbaarse wreedheid in aanvalle wek kommer

2017-08-18
Mnr. Michal Groenewald

Die barbaarse wreedheid waarmee kwesbare slagoffers op plase en kleinhoewes aangeval, gemartel en in baie gevalle vermoor word, wek ernstige kommer, het Michal Groenewald, VF Plus leier in Noordwes, na die wreedaardige aanval op ʼn bejaarde egpaar op hul kleinhoewe buite Potchefstroom Donderdag,... Lees verder


Grace Mugabe moenie nog ʼn Al-Basjir-geval word nie

2017-08-17
Dr Pieter Groenewald

Die Grace Mugabe-voorval moenie ʼn tweede Omar al-Basjir geval word waar sy toegelaat word om die land te verlaat ten spyte van strafregtelike klagtes teen haar nie, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Volgens dr. Groenewald het die waarnemende polisiekommissaris, lt.genl.... Lees verder


« 1 2 ... 51 52 53 54 55 ... 197 198 »