Mediaverklarings

VF Plus sal hom beywer vir nuwe wetgewing wat fluitjieblasers beskerm

2015-01-29
Adv Anton Alberts

Die VF Plus gaan hom beywer vir wetgewing om fluitjieblasers beter te beskerm na skokkende inligting wat die Instituut vir Interne Ouditeurs (IIO) Woensdag bekend gemaak het oor die omvang van korrupsie en die viktimisering van fluitjieblasers, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se... Lees verder


ANC bedreig eiendomsreg en voedselsekuriteit met grondvoorstelle

2015-01-29
Dr Pieter Groenewald

“Mnr Gwede Mantashe, hoofsekretaris van die ANC, se aankondiging dat die ANC besluit het dat daar ‘n plafon vir grondeienaarskap in Suid-Afrika moet wees ten einde grondhervorming te bespoedig, getuig nie net van onkunde nie, maar bedreig eienaarskap en voedselsekerheid in Suid-Afrika.

... Lees verder

SAIRV-verslag oor Polisie bevestig publiek se wantroue in Polisie

2015-01-28
Dr Pieter Groenewald

“Die verslag van die SA Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) oor geweldsmisdaad en kriminaliteit in die Suid-Afrikaanse Polisiediens bevestig dat die publiek nie vertroue in die Polisie kan hê nie. Dit is ironies dat die Polisie as sy hoofdoelwit stel dat die publiek beskerm moet word ... Lees verder


Malema oortree parlementêre eed met grondgryp-beleid

2015-01-27
Dr Pieter Groenewald

“Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV), oortree die parlementêre eed met sy aanmoediging van onwettige grondbesetting in Suid-Afrika. As lid van die Nasionale Vergadering (LP) het hy die eed afgelê wat bepaal: “Ek, sweer/verklaar ….. dat ek die ... Lees verder


Clive Derby-Lewis se mediese toestand moet die maatstaf wees vir sy parool-aansoek

2015-01-27
Dr Pieter Mulder

Wanneer mediese parool aan ʼn gevangene oorweeg word, soos nou met Clive Derby-Lewis, moet die persoon se siektetoestand die maatstaf vir sy vrylating wees, en nie die misdaad nie, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus.

Dr. Mulder sê die nuus dat die mediese paroolraad opnuut... Lees verder


VF Plus sal Menseregtekommissie vra oor duidelikheid rakende haatspraak en dubbele standaarde

2015-01-25
Dr Pieter Mulder

Die Menseregtekommissie behoort alle klagte en alle Suid-Afrikaanse burgers oor dieselfde kam te skeer in sy ondersoeke. Tog wil dit voorkom of die kommissie nie konsekwent is in sy optrede nie as die VF Plus se klagte oor die EVV met die Sunette Bridges-klagte vergelyk word nie, sê dr.... Lees verder


VF Plus verwelkom hofuitspraak oor Dramat

2015-01-23
Dr Pieter Groenewald

Die VF Plus verwelkom die beslissing van die Pretoriase hooggeregshof dat die skorsing van die hoof van die Valke, lt.genl Anwa Dramat, asook die aanstelling van ‘n nuwe hoof, genl.maj. Benny Ntlemeza, onwettig was, sê dr. Pieter Groeneweld, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor polisie.

... Lees verder

Zuma verdraai ook die geskiedenis oor Eskom

2015-01-22
Adv Anton Alberts

Inligting oor kragvoorsiening in die jare negentig wat die VF Plus bekom het, bevestig opnuut dat pres. Jacob Zuma se toenemende pogings om die geskiedenis te verdraai, niks anders is nie as ʼn desperate poging om die ANC se klaaglike mislukking as regering te verbloem, sê adv. Anton Alberts,... Lees verder


Guptas moet kostes betaal weens nie-vervolging van offisiere oor landing op Waterkloof

2015-01-20
Dr Pieter Groenewald

“Die Guptas moet alle regskostes en verdere siviele eise betaal na die besluit van die weermag om alle klagte teen lt.kols. Christine Anderson en Stefan van Zyl terug te trek in verband met die onwettige landing van die Gupta-gaste op Waterkloof in 2013. Indien die twee offisiere slaag met... Lees verder


Gwede Mantashe en die ANC is verkeerd oor Zelda la Grange

2015-01-19
Adv Anton Alberts

Die ANC se absolute oorreaksie op dit wat Zelda la Grange in twiets oor pres. Jacob Zuma gesê het, is tekenend van ʼn party wat uit voeling is met die mense van Suid-Afrika en die toekoms wat hulle wil hê, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor... Lees verder


« 1 2 ... 49 50 51 52 53 ... 93 94 »