Mediaverklarings

Gesprekke in ANC-binnekringe wys dat regering nie 'n ‘goeie storie’ het om te vertel nie

2015-03-18
Adv Anton Alberts

Die ANC moet nou ophou om aan sy kiesers ʼn ‘goeie storie’ voor te hou terwyl die regering en sy hoogste amptenare wel deeglik bewus is van die haglike situasie waarin die Suid-Afrikaanse ekonomie hom bevind, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor ... Lees verder


VF Plus-toespraak oor Menseregtedag-mosie in Gautengse Wetgewer

2015-03-17
Die Redaksie

Geagte Speaker,

Ons praat vandag hier oor ʼn term wat veel meer betekenis het as wat ons almal wat hier sit, dink. Menseregte is nie sommer net nog ʼn woord wat ons links en regs kan rondgooi ter wille van politieke gewin nie. Hierdie is ʼn woord wat ernstig, veral in Suid-Afrika, deur almal,... Lees verder


Staat draai skroewe teen wittes aan met nuwe SEB-kodes wat op 1 Mei vanjaar in werking tree

2015-03-17
Adv Anton Alberts

Dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het vandag in die parlementêre portefeuljekomitee oor handel en nywerheid bevestig dat die nuwe wet op SEB-kodes op 1 Mei vanjaar in werking tree, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor handel en... Lees verder


Amerikaanse stad wys hoe 'n minimum-loon tot werkloosheid en armoede lei

2015-03-17
Adv Anton Alberts

Dit is van die grootste belang dat die Suid-Afrikaanse regering let op die verwoestende gevolge van ʼn minimum-loon in Seattle, Amerika, waar dit tot groot werkloosheid gelei het selfs nog voor die wet op 1 April in werking tree, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre... Lees verder


VF Plus het geen vertroue in ‘vlugtende’ president Jacob Zuma nie

2015-03-17
Dr Pieter Groenewald

Pres. Jacob Zuma ‘hardloop weg’ van sy pligte en verantwoordelikhede, en die VF Plus het nie vertroue in ʼn ʼn vlugtende president nie, het dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se woordvoerder oor die presidensie, vandag in die wantrouedebat oor president Zuma gesê.

Dr. Groenewald,... Lees verder


Plaasaanval op Memel

2015-03-16
Die Redaksie

Die Vryheidsfront Plus is geskok oor die mees onlangse plaasaanval wat op Sondag, 15 Maart 2015 op die plaas van Jaco en Bessie Maritz in Memel plaasgevind het. Die VF Plus is verheug dat niemand dood of beseer is nie.

Jan van Niekerk, provinsiale leier van die VF Plus in die Vrystaat, verwelkom... Lees verder


VF Plus gaan OB vra om in te gryp nadat Eskom aandui hy gaan betrokke wees by die ondersoek na sy probleme

2015-03-16
Adv Anton Alberts

Dit is onaanvaarbaar dat Eskom self op enige wyse betrokke gaan wees by die ondersoek na sy probleme, en die VF Plus gaan die Openbare Beskermer (OB) vra om dringend in te gryp en die ondersoek self te doen, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor energie.

... Lees verder

Dood van minister Collins Chabane

2015-03-15
Dr Pieter Mulder

Die Vryheidsfront Plus het met skok kennis geneem van die skielike heengaan van minister Collins Chabane.

Ek het vir vyf jaar lank as adjunk-minister hom in kabinetsverband leer ken. Hy was ʼn aangename persoon met ʼn besonderse sin vir humor en lief vir musiek soos die CD’s wat hy gemaak het, ... Lees verder


ʼn Onafhanklike, eksterne party moet ondersoek na Eskom se probleme doen

2015-03-13
Adv Anton Alberts

Die VF Plus verwelkom die ondersoek wat die minister van openbare werke na Eskom se probleme wil laat doen , maar dring daarop aan dat dit deur ʼn onafhanklike en eksterne party gedoen word, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor energie.

Adv. Alberts... Lees verder


Vrystaatse gesondheidsdepartement in totale verval

2015-03-12
Die Redaksie

Jan van Niekerk, leier van die Vryheidsfront Plus in die Vrystaat, het gesê dat die ANC in die Vrystaat en veral premier Ace Magashule, volle verantwoordelikheid moet aanvaar vir die absolute chaos wat in die provinsie heers en veral vir die totale ineenstoring van die departement van... Lees verder


« 1 2 ... 48 49 50 51 52 ... 98 99 »