Mediaverklarings

Gauteng se LUR vir onderwys moet besef dit is eintlik hy wat nou op dun ys begin loop

2015-06-26
Adv Anton Alberts

Gauteng se LUR vir onderwys, Payazi Lesufi se minagting van die Grondwet en sy boelie-agtige intimidasie van Afrikaanse skole kan nie langer geduld word nie, en dit het tyd geraak dat hy self uit sy pos verwyder word, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor... Lees verder


Regering sê nasionale sokkerspan het voldoende wit en bruin spelers

2015-06-25
Adv Anton Alberts

Die ANC-regering is tevrede dat wit en bruin regverdig behandel word en genoeg speelkans kry in die land se nasionale sokkerspan, blyk dit uit antwoorde van die sportminister op geskrewe parlementêre vrae van adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor sport.

Dit... Lees verder


Wes-Rand samesmelting - 'n ANC-gekonkel

2015-06-25
Die Redaksie

“Die ‘beoogde’ samesmelting van die Wes-Rand munisipaliteite spreek van ‘n grootskaalse gekonkel van die begin af”, sê raadslid Amanda de Lange, Vryheidsfront Plus raadslid in Mogale City en Wes-Rand streeksleier.

Net soos vier jaar gelede toe die vorige poging... Lees verder


Basjir-hofuitspraak – nuwe laagtepunt

2015-06-24
Dr Pieter Mulder

Die uitspraak van die hooggeregshof vanoggend oor die Al-Basjir-krisis verteenwoordig ʼn nuwe laagtepunt in die verhouding tussen die president as uitvoerende gesag en die howe as regsprekende gesag. Hierdie is die ernstigste van ʼn reeks opeenvolgende foute wat die ANC die afgelope tyd gemaak het en ... Lees verder


Eskom eet koek terwyl SA sukkel om brood te bekostig

2015-06-24
Dr Pieter Groenewald

Eskom wat nou ʼn reddingsboei van R23 miljard van die staat vra, is soos Marie Antoinette wat nie besef het haar land se mense kry swaar nie en gesê het hulle moet koek eet terwyl hulle brood gebedel het, sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor... Lees verder


VF Plus versoek NERSA om Eskom se aangevraagde tariefverhoging af te keur

2015-06-24
Adv Anton Alberts

Die kragkrisis in Suid-Afrika is die maaksel van Eskom en die ANC-regering. Dit is daarom hulle plig om dit op te los sonder om hierdie verantwoordelikheid oor te skuif na die verbruiker en die ekonomie deur die heffing van ʼn buitensporige tariefverhoging.

Hierdie boodskap vorm die kern van die... Lees verder


Johannesburgse verbruiker boet vir City Power se

2015-06-24
Die Redaksie

Dit is jammer dat die Johannesburgse elektrisiteitsverbruik moet boet vir die R1,3 miljard verliese van City Power. Die belastingbetaler van Johannesburg Stad moet reeds ‘n 14% verhoging absorbeer wat vandeesmaand in werking gestel is, sê rdl. Franco de Lange, VF Plus-raadslid in... Lees verder


Johannesburgse verbruiker boet vir City Power se blapse

2015-06-24
Die Redaksie

Dit is jammer dat die Johannesburgse elektrisiteitsverbruik moet boet vir die R1,3 miljard verliese van City Power. Die belastingbetaler van Johannesburg Stad moet reeds ‘n 14% verhoging absorbeer wat vandeesmaand in werking gestel is, sê rdl. Franco de Lange, VF Plus raadslid in... Lees verder


Voorgestelde wysigings aan Onderhoudswet is billik

2015-06-23
Adv Anton Alberts

Voorgestelde wysigings aan die Onderhoudswet kan ʼn groot rol speel om in die geval van egskeidings tot alle betrokke partye se voordeel die huidige gebreke in die land se onderhoudstelsel reg te stel, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor sosiale... Lees verder


Die implikasies van die bywoning en vertrek van pres. Omar al-Bashir van die Afrika Unie-beraad in SA

2015-06-23
Dr Pieter Mulder

Indien Omar al-Bashir daarin kon slaag om sonder die wete van die regering uit die land te vlug, veral van ʼn militêre sleutelpunt, dui dit op totale onbevoegdheid. Indien nie, beteken dit die regering het willens ʼn hofbevel verontagsaam.

Welke geval ook al, dié gebeure het die... Lees verder


« 1 2 ... 44 45 46 47 48 ... 105 106 »