Mediaverklarings

Geheime stemming al manier hoe ANC-parlementslede sonder vrees kan stem

2017-07-14
Dr Corné Mulder

Laat ʼn geheime stemming toe. Dit is die enigste manier hoe ANC-parlementslede met hul gewete en goeie oordeel kan stem sonder vrees vir die gevolge van hul optrede.

Dr. Corné Muder, hoofsweep van die VF Plus, het dié versoek vandag gerig aan die speaker van die nasionale vergadering, ... Lees verder


VF Plus vra kerke om meer sigbare betrokkenheid teen korrupsie in SA

2017-07-14
Jaco Mulder

Die Vryheidsfront Plus doen ʼn dringende beroep op kerke om duideliker na vore te tree in die stryd teen korrupsie in Suid-Afrika, sê mnr. Jaco Mulder, VF Plus-provinsiale leier vir Gauteng.

Mulder wat vandag ʼn spreker was by ʼn byeenkoms van die “South African Ministers Network”... Lees verder


Omstrede administrateur se aanstelling dui op ANC se verkeerde prioriteite

2017-07-13
Wouter Wessels

Die inwoners van Mafube-plaaslike munisipaliteit (Frankfort, Villiers, Tweeling en Cornelia) ly as gevolg van politiekery en faksiegevegte binne die ANC, sê Wouter Wessels, VF Plus-LPW in die Vrystaatse wetgewer.

Op ʼn spesiale raadsvergadering van die munisipaliteit is die administrateur wat ... Lees verder


ANC se goedkeuring van reis vir Matlosana-burgemeester en 3 afgevaardigdes laat onbeantwoorde vrae

2017-07-12
Erns Kleynhans

Op ʼn spesiale raadsvergadering van die Matlosana-plaaslike munisipaliteit is ʼn peperduur reis vir die burgemeester en drie afgevaardigdes na China goedgekeur. Die reis kos die belastingbetaler R180 000 en is ten doel om ʼn beraad by te woon waar daar sogenaamde ekonomiese bande gesmee sal word. Die... Lees verder


Onder ANC is byna ‘n derde van Afrikaanse skole uitgewis sedert 2002

2017-07-11
Adv Anton Alberts

Enkelmedium-Afrikaanse skole het onder die ANC-regering sedert 2002 met byna ʼn derde verminder wat as bewys dien dat die aanslag teen Afrikaans ook op basiese onderwysvlak hewig is, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor basiese onderwys.

In antwoord op ʼn... Lees verder


Die ANC is bewusteloos terwyl Mafube (Frankfort, Villiers, Cornelia en Tweeling) brand

2017-07-07
Jan Oost

Die totale chaos wat tans heers in die Mafube-plaaslike munisipaliteit, wat Frankfort, Villiers, Cornelia en Tweeling insluit, is onaanvaarbaar en die ANC-regering moet verantwoordelik gehou word vir alle skade, aldus Jan Oost, VF Plus-raadslid in Mafube.

Volgens Oost is Villiers en Qalabotjha... Lees verder


Ondersoek na vakansieklub-bedryf: Datums en plek vir die Wes-Kaap

2017-07-07
Adv Anton Alberts

Die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) het aangekondig dat die Wes-Kaapse sittings om ondersoek in te stel na probleme in dié bedryf, op 11 en 12 Julie in Kaapstad sal plaasvind.

Dit sal plaasvind in die Cape Town Lodge Hotel en Konferensiesentrum in Buitengrachtstraat 101, Kaapstad. Die... Lees verder


Vertragings deur Transnet en die departement van openbare ondernemings ondermyn tesourie se ondersoek na Transnet-kontrake met Gupta-gekoppelde maatskappye

2017-07-07
Adv Anton Alberts

Uit geskrewe vrae van die VF Plus aan die minister van finansies blyk dit dat Transnet en die departement van openbare ondernemings die nasionale tesourie se ondersoek na Transnet-kontrakte met Gupta-gekoppelde maatskappye ondermyn, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus.... Lees verder


VF Plus doen ʼn beroep op die SAPD om op te tree teen die BLF se voortgesette rassisme en intimidasie na hofinterdik teen die organisasie gegee is

2017-07-07
Adv Anton Alberts

Die VF Plus verdoem die rassisme teen witmense en die intimidasie van joernaliste, veral die voortsetting daarvan direk na die uitspraak waarin die hof ʼn interdik teen Black First Land First (BLF) toegestaan het wat sy lede verbied om joernaliste te intimideer, sê adv. Anton Alberts... Lees verder


VF Plus beskou Bell Pottinger se verskoning as media-spin/fobnuus en gaan plaaslik strafregtelike klagtes lê en internasionaal skakel met Britse minister van buitelandse sake

2017-07-07
Adv Anton Alberts

Die VF Plus aanvaar nie Bell Pottinger (BP) se verskoning oor sy optrede in Suid-Afrika nie en is van mening dat die organisasie dit bloot doen om verlore aansien te herwin en nie omdat daar werklik berou bestaan oor die rasse-polarisasie wat aangerig is nie, sê adv. Anton Alberts, voorsitter ... Lees verder


« 1 2 ... 41 42 43 44 45 ... 182 183 »