Mediaverklarings

Hulp is beskikbaar teen Aarto-misbruike in Gauteng

2017-07-27
Adv Anton Alberts

Na jare van probleme rondom die wettige uitvoering van die Wet op die Administratiewe Beregtiging van Padoortredings (Aarto) word dit steeds gereeld onder die aandag van die VF Plus gebring dat die probleme voortduur, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus.

Adv. Alberts sê... Lees verder


Syfers wys polisie doen nie onderneming gestand om plaasmoorde te prioritiseer nie

2017-07-27
Dr Pieter Groenewald

Die jongste syfers oor plaasmoorde en -aanvalle van TLU SA wat toon dat daar vanjaar reeds 47 plaasmoorde en 246 aanvalle was, is uiters kommerwekkend en dien as bewys dat die polisie se onderneming om dié tipe misdaad as ʼn prioriteit te hanteer, nie in die praktyk uitgevoer word nie.

Dr.... Lees verder


Ekonomiese toestande in SA hou moontlik verband met die kommerwekkende toename in geestesongesteldheid in die land

2017-07-27
Adv Anton Alberts

Geestesgesondheid is vinnig besig om MIV/ Vigs verby te steek as die grootste oorsaak van siektes wat mediese hulp vereis in Suid-Afrika, en die VF Plus is van mening dat die land se haglike ekonomiese situasie en gepaardgaande werkloosheid ʼn groot rol hierin speel.

Luidens ʼn onlangse artikel in... Lees verder


Openbare Beskermer (OB) gaan ondersoek instel na die R30 miljoen wat Eskom aan Brian Molefe sou betaal

2017-07-25
Adv Anton Alberts

Die Openbare Beskermer (OB) het bevestig dat ondersoek ingestel gaan word na die besluit van Eskom vroeër vanjaar om ʼn betaling van R30 miljoen aan Brian Molefe te doen. Minister Lynne Brown het later geweier om die betaling goed te keur.

Die OB het in ʼn skrywe aan die VF Plus bevestig dat... Lees verder


Nhleko moet opdok vir misbruik van polisie

2017-07-24
Dr Pieter Groenewald

“Die voormalige minister van polisie en huidige minister van openbare werke, Nathi Nhleko, se misbruik van die openbare orde polisie om sy woning in KwaZulu-Natal deur agt polisielede en ʼn Nyala-voertuig te laat oppas is totale misbruik van staatsbronne en moet persoonlik betaal vir die... Lees verder


Positiewe tekens na VF Plus bal aan die rol sit om staatsdiens se pensioenfondse te beskerm

2017-07-21
Adv Anton Alberts

Nadat die VF Plus adjunkpresident Cyril Ramaphosa verlede maand in die parlement versoek het om stappe te neem om die staatsdiens se pensioenfondse te beskerm, blyk dit uit parlementêre vrae van die VF Plus aan die minister van finansies, Malusi Gigaba, dat die bal reeds aan die rol gesit is... Lees verder


Word die ATKV nou TKV?

2017-07-20
Dr Pieter Mulder

Word die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) nou net ʼn Taal en Kultuurvereniging (TKV) is die eerste reaksie op die aankondigings van die nuwe uitvoerende hoof van die organisasie, me. Deidre le Hanie?

Sy het aangekondig dat die ATKV ʼn wyer gemeenskap as net die Afrikaanse gemeenskap wil... Lees verder


Poging van Zwane om toekomstige myntransaksies te vries, grens aan hoogverraad

2017-07-20
Adv Anton Alberts

Minister Mosebenzi Zwane se planne om toekomstige myntransaksies te vries, is ʼn blatante poging om mynaandele te verswak vir oorname deur die Guptas en ANC-regering en is niks anders nie as hoogverraad, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus.

Zwane het die afgelope Woensdag onder... Lees verder


ANC het leuens aan kiesers vertel oor hulle vermoë om huise in Gauteng te bou

2017-07-20
Philip van Staden

Dit is amptelik. Die agterstand van behuising in Gauteng staan nou op ʼn skandelike 500 000 huise. Die LUR van behuising in Gauteng, Paul Mashatile, het gister in ʼn berig van The Citizen erken dat die behuisingsagterstand in Gauteng op hierdie enorme syfer te staan kom.

Die VF Plus se LPW in... Lees verder


Geheime stemming al manier hoe ANC-parlementslede sonder vrees kan stem

2017-07-14
Dr Corné Mulder

Laat ʼn geheime stemming toe. Dit is die enigste manier hoe ANC-parlementslede met hul gewete en goeie oordeel kan stem sonder vrees vir die gevolge van hul optrede.

Dr. Corné Muder, hoofsweep van die VF Plus, het dié versoek vandag gerig aan die speaker van die nasionale vergadering, ... Lees verder


« 1 2 3 4 5 6 ... 144 145 »