Mediaverklarings

Miskenning van ouers het gelei tot geweld by Roodepoort Primêre Skool

2015-08-18
Adv Anton Alberts

Die ANC se geneigdheid om eensydige besluite te neem, soos nou weer onderstreep is met die sluiting van die Roodepoort Primêre Skool in Davidsonville, Gauteng, het grootliks aanleiding gegee tot vandag se geweld by die skool waarin verskeie ouers beseer is, sê adv. Anton Alberts, die VF ... Lees verder


Suid-Afrika se groeiende ekonomiese krisis

2015-08-18
Adv Anton Alberts

Die ANC-regering se mislukte ekonomiese beleid wat op ʼn kwalik bedekte en rigiede Marxistiese ideologie gegrond is, het Suid-Afrika nou byna weerloos gelaat teen die internasionale ekonomiese krisis wat die land soos ʼn byna perfekte storm bedreig, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se... Lees verder


Indiër en bruin mense nou ook in SEB-visier

2015-08-17
Adv Anton Alberts

Nou is Indiërs en bruines klaarblyklik ook nie meer swart gevoeg om voordeel te trek uit Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) nie.

Luidens dokumente in die Natalse koerant The Mercury se besit, blyk dit dat voorgestelde veranderinge rakende ʼn swart ekonomiese bemagtigingswet wat tenders... Lees verder


Gwede Mantashe se reaksie oor Springbokspan toon 'n obsessie om alle tekens van wit prestasie te vernietig

2015-08-14
Adv Anton Alberts

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, se striemende aanval op Saru en Heyneke Meyer, Springbok-afrigter, onderstreep opnuut die ANC-regering se beheptheid met kleur en kwotas ten koste van meriete en sport-ontwikkeling,” sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se... Lees verder


VF Plus teen metro se busplan in Lynnwood

2015-08-14
Die Redaksie

Ondeurdagte projekte wat nie behoorlik nagevors is nie, kan nie op die belastingbetaler van Tshwane afgedwing word nie, sê rdl. Awie Erasmus, VF Plus stadsraadslid van Tshwane metroraad.

Rdl. Erasmus het gisteraand saam met bekommerde inwoners ‘n openbare vergadering in die Laerskool... Lees verder


Regering het na ses jaar steeds nie lasbrief vir Omar al-Bashir

2015-08-12
Adv Anton Alberts

Daar bestaan steeds geen lasbrief in Suid-Afrika vir die inhegtenisneming van Omar al-Bashir nie, al moes Suid-Afrika dit ingevolge sy internasionale regsverpligtinge al ses jaar gelede uitgereik het.

Dit het hierdie week aan die lig gekom na ʼn parlementêre vraag van die VF Plus oor die... Lees verder


VF Plus help om Wesrand-metro te stuit

2015-08-12
Die Redaksie

Die VF Plus is verheug na die aankondiging van die Munisipale Afbakeningsraad dat hulle vir eers die Wesrand metro gaan afkeur. So sê rdl. Amanda de Lange, VF Plus-raadslid in Mogale City.

“Die afkeuring van die aansoek van Pravin Gordhan, minister van Samewerkende Regering en... Lees verder


Viskwotas misken bruines se bestaansreg

2015-08-12
Adv Anton Alberts

Die rasgegronde kwotas wat die ANC-regering nou op die visbedryf wil afdruk, sal die bruin gemeenskap van die Weskus wesenlik raak en kan dié mense se aandeel in die bedryf effektiewelik uitwis, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor ekonomie.

... Lees verder

Cosatu se rassistiese rugby-onkunde

2015-08-11
Dr Pieter Mulder

Met die rugby wêreldbekertoernooi oor minder as twee maande en die Springbokke wat laaste in die pas afgelope rugby-kampioenskap geëindig het, getuig dit van rugby onkunde om te beweer dat Heyneke Meyer en die Springbokbestuur nie die beste moontlike spelers, swart of wit, sal wil... Lees verder


ANC kan nie Vrouedag kaap nie

2015-08-11
Dr Pieter Mulder

Vrouedag behoort die rol en stryd van alle vroue in Suid-Afrika se geskiedenis te vier en te gedenk, maar dit is duidelik dat die ANC dit sien as ʼn dag waarop hulde gebring word aan slegs die ANC se vroue en hul stryd, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus.

Dr. Mulder het verwys na ʼn... Lees verder


« 1 2 ... 36 37 38 39 40 ... 103 104 »