Mediaverklarings

Honderde vakante poste by skole in Gauteng wys hoe disfunksioneel die provinsie se onderwysstelsel is

2017-12-04
Adv Anton Alberts

Teen die einde van September vanjaar was daar altesame 580 vakante onderwysposte by skole in Gauteng, almal daarvan op bestuursvlak wat ʼn sterk aanduiding is hoe disfunksioneel onderwys in dié provinsie tans is, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus.

In antwoord op ʼn... Lees verder


VF Plus stel nuwe parlementslid voor

2017-12-01
Dr Pieter Groenewald

Mnr. Wouter Wessels, voorheen lid van die Vrystaatse provinsiale wetgewer, is die VF Plus se nuwe parlementslid in die plek van dr. Pieter Mulder wat na byna dertig jaar as parlementslid uitgetree het.

Wessels is 32 jaar oud en is die afgelope twaalf jaar aktief in partypolitiek betrokke. Hy is... Lees verder


VF Plus-jeugleier spreek Verenigde Nasies (VN) toe oor minderheidskwessies in Suid-Afrika

2017-12-01
Tammy Wessels

Tammy Wessels, jeugleier van die VF Plus, het vandag ʼn voorlegging gedoen aan die Verenigde Nasies (VN) se Forum oor Minderheidskwessies in Genève, Switserland, en het die fokus laat val op probleme wat veral die jeug van minderheidsgroepe in Suid-Afrika in die oë staar.

Hier volg... Lees verder


Nuwe model om politieke partye te befonds sal demokrasie en deursigtigheid bevorder

2017-11-30
Dr Corné Mulder

Die voorstel om ʼn nuwe model daar te stel rakende die befondsing van politieke partye, sal demokrasie en deursigtigheid bevorder en moet daarom verwelkom word, sê dr. Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus.

Dr. Mulder het vandag met die bespreking van die verslag van die... Lees verder


Dr. Pieter Mulder, voormalige leier van die VF Plus, staande gegroet met sy laaste verskyning as parlementslid

2017-11-30
Die Redaksie

Staande applous voor én ná sy toespraak deur die lede van al die politieke partye in die parlement was vandag die beste getuigskrif wat dr. Pieter Mulder, voormalige leier van die VF Plus, kon kry na byna 30 jaar diens as parlementslid van Suid-Afrika.

Dr. Mulder het vandag sy... Lees verder


DA- en EFF-raadslede word ondersoek deur Rustenburg-stadsraad

2017-11-29
De Wet Nel

ʼn Klag van omkopery en korrupsie wat die VF Plus verlede week teen twee Rustenburgse stadsraadslede van die DA en die EFF by die Valke ingedien het, het daartoe gelei dat die plaaslike stadsraad besluit het om hul optrede amptelik te ondersoek, sê De Wet Nel, VF Plus-raadslid vir Rustenburg.

... Lees verder

Belastingbetalers dra swaar om Dlamini-Zuma veilig te hou in haar verkiesingsveldtog

2017-11-28
Dr Pieter Groenewald

Dit kos belastingbetalers al byna R800 000 sedert November verlede jaar om dr. Nkosazana Dlamini-Zuma se bloulig-kavalkade en veiligheid te finansier in haar veldtog om president van die ANC en moontlik ook van Suid-Afrika te word, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Die... Lees verder


Wetsontwerp oor Mediese Innovasie kan horisonne help verbreed

2017-11-28
Adv Anton Alberts

Die Mediese Innovasie-Wetsontwerp kan net daartoe bydrae om innoverende denke oor medisyne en genesing aan te wakker, paradigmaskuiwe oor die onderwerp aan te help en sodoende mediese horisonne te verbreed. Dit moet daarom verwelkom word,” sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF... Lees verder


ANC-oorheersde parlement faal mense van Suid-Afrika oor staatskaping

2017-11-28
Dr Pieter Groenewald

Die parlement van Suid-Afrika moet die land se burgers beskerm teen vergrype soos staatskaping. Hierin het die huidige ANC-oorheersde parlement die publiek van die land gefaal, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Dr. Groenewald het vandag met die parlementêre debat oor... Lees verder


16 Dae van aktivisme: Suid-Afrika kan nie koud staan teenoor die wyse waarop sy vroue en kinders behandel word nie

2017-11-24
Adv Anton Alberts

'n Samelewing word gemeet aan die wyse waarop hy sy vroue en kinders behandel, en statistiek van die staat in hierdie verband, dui ongelukkig aan dat Suid-Afrika koud staan teenoor die wyse waarop dié weerlose deel van ons gemeenskap behandel word, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van ... Lees verder


« 1 2 ... 35 36 37 38 39 ... 197 198 »