Mediaverklarings

VF Plus-man rol moue op om te help waar munisipaliteite inwoners faal

2017-04-06
Dr. Wynand Boshoff

Mnr. Gert van Heerden van die Magareng-munisipaliteit (Warrenton), VF Plus-raadskandidaat en -takvoorsitter, het die afgelope jare self ingespring en die dorp se slaggate opgevul met gruis wat deur die munisipaliteit voorsien is, sê dr. Wynand Bohoff, die VF Plus se leier vir die Noordkaap.

... Lees verder

Verbruikers moet nie munisipale begroting sommer net aanvaar nie

2017-04-05
Dévar Smit

Die begrotingsprioriteite van die ANC-regeerde Mangaung-metromunisipaliteit (Bloemfontein) is nie in lyn met die behoeftes van die gemeenskap van Mangaung nie, aldus Dévar Smit, VF Plus-raadslid in die metro.

Die konsepbegroting van die munisipaliteit is vandag gedurende ‘n spesiale... Lees verder


Mafube-munisipaliteit onder administrasie – ʼn skande vir ANC-regering

2017-04-04
Wouter Wessels

Die Mafube-plaaslike munisipaliteit, wat Frankfort, Villiers, Cornelia en Tweeling insluit is deur die Vrystaatse provinsiale regering onder administrasie geplaas, aldus Jan Oost, VF Plus-raadslid in die munisipaliteit.

Mafube is as gevolg van jarelange swak bestuur in ʼn benarde finansiële... Lees verder


VF Plus steun mosie van wantroue in Zuma

2017-04-03
Dr Pieter Groenewald

Die VF Plus sal enige mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma ondersteun. Pogings om weer ‘n mosie van wantroue in hom te stel moet egter strategies oorweeg word.

Die korrekte strategie sal wees om die ANC geleentheid te gee om intern steun te probeer werf waardeur ‘n mosie van wantroue ... Lees verder


VF Plus vra Nasionale Kredietreguleerder om Zuma-huislening te ondersoek

2017-04-03
Adv Anton Alberts

Die VF Plus sal aanhou soek na antwoorde oor die lening van byna R8 miljoen aan pres. Jacob Zuma om sy deel van die opknappingswerk by Nkandla te betaal en het nou ook die Nasionale Kredietreguleerder gevra om vas te stel hoe die president met sy salaris so ‘n groot lening kon kry, sê... Lees verder


Skok-goedkeuring van skaliegas-ontginning in Karoo is die eerste salvo van Zuma se “radikale ekonomiese staatskaping”

2017-04-03
Adv Anton Alberts

Die eerste salvo van pres. Jacob Zuma se radikale ekonomiese staatskaping is verlede week net voor die kabinetskommeling afgevuur deur skaliegas-ontginning goed te keur, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor energie.

Adv. Alberts sê die VF Plus was... Lees verder


Rommelstatus: Suid-Afrika kan Zuma nie langer bekostig

2017-04-03
Dr Pieter Groenewald

Standard & Poor’s se kredietafgradering van Suid-Afrika na rommelstatus, is te wyte aan president Jacob Zuma wat weereens bewys het dat hy sy eie belange bo dié van Suid-Afrika stel.

Standard &Poor’s wat aanvoer dat die vervroegde besluit om Suid-Afrika af te gradeer en... Lees verder


ANC, DA en ander opposisie probeer kiesers mislei met jaarverslag se aanvaarding

2017-04-03
Erns Kleynhans

Na aanleiding van die jaarverslag wat voor die Motlasana-raad gedien het saam met die oorsig verslag op 31 Maart 2017, is dit duidelik dat die administrateur geen beduidende bydrae gelewer het tot die munisipaliteit nie. Die MPAC (Municipal Public Accounts Committee) wat ondersoek moet instel na... Lees verder


Zuma plaas Suid-Afrika op altaar vir eie gewin

2017-03-31
Dr Pieter Groenewald

Pres. Jacob Zuma se aanwysing van Malusi Gigaba as nuwe minister van finansies is deel van die voortgesette uitbreiding van staatskaping deur die Guptas en terselfdertyd die versterking van pres. Zuma se faksie binne die ANC, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Dr. Groenewald... Lees verder


DA in Emfuleni is opportunisties

2017-03-31
Gerda Senekal

Dit is jammer dat raadslede verkies om mekaar oor en weer te beledig as om eerder te fokus op werksaamhede van die dag. ‘n Emfuleni-raadsvergadering het Dinsdag in ‘n sirkus ontaard en die Speaker was gedwing om DA-raadslede te vra om die raadsaal te verlaat,” sê Gerda... Lees verder


« 1 2 ... 26 27 28 29 30 ... 153 154 »