Mediaverklarings

SA Polisie en sekuriteitsmaatskappye vat hande in Mokopane

2015-11-03
Die Redaksie

Die VF Plus gaan die nasionale polisie kommissaris in Limpopo versoek om weer reserviste aan te stel om so plaaslike polisiestasies te help in hul stryd teen misdaad, het Marcelle Maritz, die VF Plus se hooforganiseerder in Limpopo en wykskandidaat in Mokopane, na 'n vergadering Dinsdagoggend... Lees verder


VF Plus-ondersoek bevind dat alle e-tolrekeninge onwettig is

2015-11-02
Adv Anton Alberts

Sanral se toerusting wat by die Gautengse e-tolstelsel gebruik word, voldoen nie aan wetlike vereistes en voorskrifte nie, en alle gelde wat tot nou toe ingevorder is of ingevorder gaan word, is of word op ʼn onwettige wyse gedoen, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre... Lees verder


Binnegevegte en bewerings van korrupsie laat ANC struikel

2015-10-30
Die Redaksie

Die ANC se binnegevegte en swak bestuur van die Lesedi-munisipaliteit veroorsaak dat die hele stad daaronder ly.

Die nuutste skande is die skorsing (met volle vergoeding) van die stadbestuurder, mnr. Ayanda Makhanya. Bewerings van korrupsie en wangedrag laat die dorp struikel tot nadeel van sy... Lees verder


Verwydering van standbeelde op UV is kortsigtig

2015-10-29
Die Redaksie

Die VF Plus-jeug beskou die eis van sekere studente aan die Universiteit van die Vrystaat dat standbeelde van die kampus verwyder moet word as onaanvaarbaar.

Tammy Wessels, VF Plus-jeugleier in die Vrystaat, meen dat die UV nie uit die niet ontstaan het nie, maar dat die universiteit ʼn ryke... Lees verder


E-tol bly sink ondanks adjunkpresident Cyril Ramaphosa se reddingsboei

2015-10-28
Adv Anton Alberts

Die reddingsboei van R700 miljoen wat adjunkpresident Cyril Ramaphosa in Junie vanjaar na e-tol uitgegooi het, het skaars ʼn invloed gehad voordat die e-tolskip weer begin sink het, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor vervoer.

Statistiek oor e-tol se... Lees verder


DA-bestuur van dorp in Witzenberg-distrik na VF Plus

2015-10-28
Dr Corné Mulder

Die DA-bestuurspan van Wolseley in die Witzenberg-munisipale distrik het saam met verskeie voormalige DA-lede hul bande met die DA verbreek en by die VF Plus aangesluit.

Mnr. Vic Coetzee (voorheen DA-voorsitter), mnr. Louis Havenga (voorheen DA-ondervoorsitter), mnr. Floris Fourie (voorheen... Lees verder


Gautengse LUR vir onderwys by Ouditeur-Generaal aangekla oor ondermyning van onderwysbegroting

2015-10-28
Adv Anton Alberts

Gauteng se laaste onderwysbegroting maak dit duidelik dat ʼn groot deel van die fondse vir infrastruktuur aangewend moet word, en die uitsprake van die provinsie se LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, dat daar nie meer skole gebou moet word nie, ondermyn dié proses, sê adv. Anton Alberts, ... Lees verder


Bloemfontein kry voorafbetaalde meters

2015-10-27
Die Redaksie

Johan Powell, raadslid van die Vryheidsfront Plus in die Mangaungmetro, sê dat die VF Plus verheug is dat die metro en Centlec beoog om alle bestaande ou elektrisiteit- en watermeters met voorafbetaalde meters te vervang. Die VF Plus is al vir jare besig om die voordele van voorafbetaalde... Lees verder


Beweerde geheime regeringsverslag oor gratis hoër onderwys moet bekend gemaak word

2015-10-26
Adv Anton Alberts

Die VF Plus het vandag ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting gevra dat ʼn verslag oor die haalbaarheid van gratis naskoolse onderwys, wat luidens ʼn mediaberig in die besit van dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys is, bekend gemaak word.

Adv. Anton Alberts,... Lees verder


Toegewing oor studiegeld kan presedent skep om eise voortaan met geweld te besleg

2015-10-23
Adv Anton Alberts

Die feit dat studentegeweld onmiddellik weer opgevlam het na pres. Jacob Zuma se aankondiging dat daar aanstaande jaar geen verhoging in studiegeld gaan wees nie, stuur die boodskap aan die breë Suid-Afrikaanse samelewing uit dat geskille voortaan suksesvol met geweld besleg kan word, sê ... Lees verder


« 1 2 ... 25 26 27 28 29 ... 100 101 »