Mediaverklarings

Afrikaanse radio verbied Mulder deelname

2016-03-01
Dr Pieter Mulder

Die SABC se Afrikaanse radiostasie, Radio Sonder Grense, het dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, verbied om verder deel te neem aan Lynette Francis se program Praat Saam. Dr. Mulder het van tyd tot tyd ingeskakel en aan die inbelprogram deelgeneem.

Dr. Mulder beskryf dié verbod as blatante... Lees verder


Nersa moet verduidelik oor kragverhoging van 9,4%

2016-03-01
Adv Anton Alberts

Dit was roekeloos en uiters teleurstellend van die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) om Eskom se swak bestuur te kondoneer deur in te stem tot ʼn kragverhoging van 9,4%, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor energie.

Adv. Anton Alberts sê die VF... Lees verder


Minister moet ingryp om probleme rondom kieserslyste op te los en 'n verkiesingsdatum te bepaal

2016-03-01
Dr Pieter Groenewald

Die minister van samewerkende regering, David van Rooyen, sal dringend moet seker maak die probleme rondom kieserslyste word opgelos sodat ʼn datum vir die komende plaaslike verkiesing bepaal kan word, sê dr. Pieter Groenewald, voorsitter en LP van die VF Plus.

Dr. Groenewald het vandag in ʼn... Lees verder


Pres. Jacob Zuma trap op Suid-Afrika se Grondwet

2016-03-01
Dr Pieter Groenewald

Dit is ʼn groot skande vir ʼn land as sy nasionale vergadering besluit om ʼn debat te voer oor ʼn mosie van wantroue in die land se president, sê dr. Pieter Groenewald, voorsitter en LP van die VF Plus.

Dr. Groenewald het gesê daar hoef bloot na die Grondwet van Suid-Afrika gekyk te word... Lees verder


Bewerings dat VF Plus ʼn DA-vergadering ontwrig het, is onwaar wys video

2016-02-26
Adv Anton Alberts

Bewerings van die DA dat die VF Plus ʼn wykskomiteevergadering in Midvaal ontwrig het, is kwaadwillig en onwaar, en die VF Plus het videomateriaal om dit te bewys, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se leier in Gauteng.

https://www.youtube.com/watch?v=4IBpd-82pis

Volgens adv. Alberts het ʼn... Lees verder


VF Plus vra parlement om geweld by universiteite dringend te debatteer

2016-02-25
Dr Pieter Mulder

In die lig van die huidige konflik by universiteite wat volgens die VF Plus die potensiaal het om te eskaleer en oor te spoel na alle sfere van die samelewing, het die VF Plus die parlement vandag gevra om in openbare belang ʼn dringende debat oor die aangeleentheid te voer, sê dr. Pieter... Lees verder


VF Plus kap premier van Gauteng oor Tuks, misdaad en e-tol

2016-02-25
Philip van Staden

Tydens ‘n warm debat vandag in die Gautengse Wetgewer wat gehandel het oor die premier se Openingsrede van die afgelope week, het die VF Plus die premier gekap oor die voorval by die Universiteit van Pretoria, misdaad in die provinsie en die omstrede e-tolstelsel.

Die VF Plus se LPW in die... Lees verder


Bal is aan die rol om Highveld Steel te red na VF Plus-optrede

2016-02-25
Adv Anton Alberts

ʼn Versoek van die VF Plus aan die voorsiter van die parlementêre portefeuljekomitee oor handel en nywerheid om dringend in te gryp in ʼn poging om die staalvervaardiger Highveld Steel van ondergang te red, het vrugte afgewerp sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre... Lees verder


Enige Sanral-boete sal onwettig wees weens ongesertifiseerde e-tol-meetinstrumente

2016-02-25
Adv Anton Alberts

Dreigemente van organisasies wat Sanral se e-tolgeld moet invorder oor die moontlike vervolging van nie-betalers, kan in Sanral se gesig ontplof aangesien die VF Plus reeds bewys het dat die meetinstrumente wat in die e-tolstelsel gebruik word, nie gesertifiseer is soos die wet vereis nie, sê ... Lees verder


Weer eens chaos in Mangaung-raadsitting – VF Plus stap uit

2016-02-25
Die Redaksie

Dr Elizabeth Snyman-van Deventer, raadslid van die Vryheidsfront Plus in die Mangaung-metro, het gesê dat die raadsvergadering van die Mangaung-metroraad vandag weer eens, soos elke raadsvergadering, in chaos gedompel was weens die onbevoegdheid van die ANC as regeerder van Mangaung.

Die... Lees verder


« 1 2 ... 20 21 22 23 24 ... 105 106 »