Mediaverklarings

Dr. Kenneth Kaunda-munisipaliteit se begroting onregmatig aanvaar

2017-06-06
Mnr. Michal Groenewald

Die begroting van die Dr. Kenneth Kaunda-distriksmunisipaliteit wat in Klerksdorp gesetel is en die Tlokwe-, Matlosana- en Maquaissi Hills-plaaslike munisipaliteite insluit, se mediumtermynbegroting vir die tydperk 2017-2020 is onregmatig en strydig met die Grondwet en ander toepaslike wetgewing... Lees verder


Mangaung: Munisipale staking – chaos spoel oor na woonbuurte

2017-06-06
Dr. Elizabeth Snyman-van Deventer

Die munisipale staking van werknemers van die Mangaung-metro het nie net krisisstatus bereik nie, maar spoel nou ook oor na woonbuurte, het dr. Elizabeth Snyman-van Deventer, VF Plus-raadslid in die metro gesê.

Die staking wat sedert 16 Mei voortduur beïnvloed alle vorme van... Lees verder


VF Plus verwelkom verslag oor Charlotte Maxeke-hospitaal

2017-06-05
Philip van Staden

Die VF Plus het die verslag rondom die tragedie by die Charlotte Maxeke-hospitaal verwelkom. Die party het met die ineenstorting van die dak vroeër vanjaar daarop aangedring dat die LUR ʼn volledige verslag rondom die gebeure moes vrystel.

Die VF Plus is egter van mening dat die kontrakteurs,... Lees verder


VF Plus sal die OBK en GEPF opponeer indien hulle staatsdienspersoneel se pensioengeld gebruik om openbare ondernemings op enige wyse te finansier

2017-06-05
Adv Anton Alberts

Die VF Plus sal alles moontlik doen om te verhinder dat die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) die staatsdiens se pensioenfonds (GEPF) op enige wyse gebruik om openbare ondernemings te finansier, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor openbare ondernemings.

... Lees verder

VF Plus vra belasting-ombudsman om BTW-terugbetaling van R70 miljoen aan Guptas te ondersoek

2017-06-05
Adv Anton Alberts

Die VF Plus gaan die ombudsman vir belasting versoek om ondersoek in te stel na die BTW-terugbetaling van R70 miljoen wat verlede week aan die Guptas gedoen is tot voordeel van hul maatskappy Oakbay Investments, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor... Lees verder


Munisipale staking bereik krisisstatus

2017-06-05
Dr. Elizabeth Snyman-van Deventer

Die munisipale staking van werknemers van die Mangaung-metro het nou krisisstatus bereik, het dr. Elizabeth Snyman-van Deventer, VF Plus-raadslid in die metro gesê.

Snyman-van Deventer meen dat die geweld, intimidasie, eiendomsbeskadiging en sabotasie wat met die staking gepaardgaan nie... Lees verder


Huiseienaars se belange moet ook bevorder en beskerm word

2017-06-05
Fanie du Toit

Die Tlokwe-plaaslike munisipaliteit, wat Potchefstroom en Ventersdorp insluit, se Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) is ontoereikend, onvoldoende en gegrond op ongelyke en verkeerde prioriteite, het Fanie du Toit, VF Plus-raadslid in die munisipaliteit na die pas afgelope... Lees verder


VF Plus se koalisie-ooreenkoms realiseer in Tshwane

2017-06-02
Awie Erasmus

Die koalisie-regering in die Tshwane-metroraad het die mediumtermyn-begroting met ʼn oorweldigende meerderheid goedgekeur. Die burgemeester van Tshwane se begroting wat hy namens die koalisie ter tafel gelê het, het ʼn eenvoudige boodskap - terug na die basiese behoeftes van inwoners.

... Lees verder

ANC-speaker hou raadsitting gyselaar

2017-06-02
Me. Amanda de Lange

Die ANC-speaker in die Mogale City-stadsraad, Patric Lipudi, het die afgelope Dinsdag raadslede tydens ʼn raadsitting letterlik gyselaar gehou, sê Amanda de Lange, VF Plus-raadslid en voorsitter van die openbare rekeninge-komitee.

Die ANC-speaker het ʼn vooraf beplande mosie van wantroue in... Lees verder


Mislukte regering verantwoordelik vir werkloosheid

2017-06-02
Wouter Wessels

Die toename in werkloosheid in die Vrystaat is duidend van ekonomiese verval, gefaalde beleid en ʼn mislukte regering. Die haglike toestand van munisipaliteite in die Vrystaat, weens algehele wanbestuur, is verantwoordelik vir die verarming wat die Vrystaat beleef. Swak tot geen dienslewering en... Lees verder


« 1 2 ... 18 19 20 21 22 ... 153 154 »