Mediaverklarings

Regering mis geleentheid om eerstehands met voorste landbouers te praat by Nampo

2016-05-19
Dr Pieter Mulder

Politieke leiers is gretig om die landbougemeenskap van Suid-Afrika te kritiseer en om onsekerheid te skep deur beleidsuitsprake, maar hulle is nie bereid om op grondvlak met die land se kosproduseerders te ontmoet wanneer ʼn geleentheid soos Nampo hom voordoen nie, sê dr. Pieter Mulder, leier ... Lees verder


ANC moet verantwoordelikheid aanvaar vir Vuwani-onluste

2016-05-17
Dr Pieter Groenewald

Die ANC-regering moet volle verantwoordelikheid aanvaar vir probleme soos by Vuwani en elders in Suid-Afrika waar gemeenskaps-ontevredenheid tot gewelddadige oproer lei, sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor samewerkende regering en tradisionele sake.

... Lees verder

Wanbetaling van subsidies aan kinderhuise weens onbevoegdheid

2016-05-17
Wouter Wessels

Die VF Plus het vandag 'n ledeverklaring in die Vrystaatse Wetgewer gelewer oor die wanbetaling van subsidies aan nie-regeringsorganisasies, soos kinderhuise, dagsorgsentrums en tehuise vir bejaardes en gestremdes in die Vrystaat.

Die LUR vir maatskaplike ontwikkeling in die Vrystaat, me.... Lees verder


Zuma moet persoonlik aanspreeklik gehou word vir plaasaanvalle

2016-05-16
Die Redaksie

President Jacob Zuma moet persoonlik aanspreeklik gehou word vir plaasaanvalle en moorde op wit Suid-Afrikaners, sê mnr. Werner Weber, provinsiale leier van die Vryheidsfront Plus in Mpumalanga.

Mnr. Weber het gereageer na die moord op mnr. Dirk Ackermann in Ermelo asook die moord op mnr.... Lees verder


Gedragskode vir verkiesing se ware toets lê in die uitvoering daarvan

2016-05-16
Dr Pieter Mulder

Die voorstelle vervat in die OVK se gedragskode vir die komende plaaslike verkiesing is prysenswaardig, maar die ware toets van die planne lê in die uitvoering daarvan, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus.

Dr. Mulder sê dit is belangrik om op te tree teen partye of... Lees verder


Gerugte rondom Gordhan se inhegtenisneming slaan ekonomie reeds hard

2016-05-16
Dr Pieter Mulder

Die woelinge rondom Suid-Afrika se minister van finansies, Pravin Gordhan, is soos om met vuurhoutjies in ʼn droë bos te speel. As die bos begin brand, gaan geen boom gespaar bly nie, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus.

Dr. Mulder sê luidens media-berigte en beweerde... Lees verder


ANC-regering besig om op tipies kommunistiese manier totale beheer oor universiteite te neem

2016-05-13
Adv Anton Alberts

Feitlik alles waarin die ANC-regering ʼn aandeel het, is ʼn klaaglike mislukking, en daarom is die staat se poging om totale mag oor universiteite in Suid-Afrika te kry, uiters sinister en kommerwekkend, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor hoër... Lees verder


Parlement se beeld aan flarde

2016-05-12
Dr Corné Mulder

Die beeld van Suid-Afrika se parlement is aan flarde. Die vlak van debatvoering en die interaksie tussen parlementslede en –partye was nog nooit so laag as tans nie.

Die parlement het inderdaad die onderwerp van openbare bespotting geword, en alles is te wyte aan ʼn bloedvete tussen die... Lees verder


Ou waarskuwings oor komende waterkrisis raak nou 'n werklikheid

2016-05-11
Adv Anton Alberts

Terwyl Suid-Afrika aan die vooraand van die winter deur herhaalde kennisgewings oor kragbesparing kennis neem van die moontlikheid van verdere beurtkrag, besef min mense hoe groot die waterkrisis is en hoe naby die land aan ‘beurtwater’ is, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se... Lees verder


Skaf regstellende aksie af om meer wittes na die weermag te lok

2016-05-11
Dr Pieter Groenewald

Met die swaard van regstellende aksie oor hul koppe is daar geen manier om te verwag dat wittes hulle sonder enige loopbaanvooruitsigte by die SA Nasionale Weermag (SANW) sal aansluit nie, sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor verdediging.

Dr. Groenewald het vandag... Lees verder


« 1 2 3 4 5 ... 93 94 »