Mediaverklarings

Plaasmoorde: Veiligheidstelsels moet ondersteun word

2017-08-21
Dr Pieter Groenewald

Die vlaag van landwye plaasmoorde en -aanvalle, veral die afgelope paar weke, maak dit toenemend ʼn saak van dringendheid dat boere moet aansluit en inskakel by hul landbou-unies se veiligheidstelsels, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Luidens statistiek van die TLU SA, was... Lees verder


Immuniteit vir Grace Mugabe ondermyn die regstelsel

2017-08-20
Dr Pieter Groenewald

Indien dit waar is dat die Suid-Afrikaanse regering diplomatieke immuniteit aan Grace Mugabe toegestaan het, is dit nie net skandalig nie, maar ondermyn die regstelsel en laat die slagoffer in die steek, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Dr. Groenewald sê dit is... Lees verder


Zuma moes vroeër opgetree het teen Manana

2017-08-19
Dr Pieter Groenewald

Die VF Plus verwelkom die besluit van die adjunkminister van hoër onderwys , Mduduzi Manana, om te bedank na ʼn voorval in Fourways waar hy ʼn vrou aangerand het, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Dr. Groenewald sê dit is nogtans betreurenswaardig dat pres. Jacob Zuma ... Lees verder


Barbaarse wreedheid in aanvalle wek kommer

2017-08-18
Mnr. Michal Groenewald

Die barbaarse wreedheid waarmee kwesbare slagoffers op plase en kleinhoewes aangeval, gemartel en in baie gevalle vermoor word, wek ernstige kommer, het Michal Groenewald, VF Plus leier in Noordwes, na die wreedaardige aanval op ʼn bejaarde egpaar op hul kleinhoewe buite Potchefstroom Donderdag,... Lees verder


Grace Mugabe moenie nog ʼn Al-Basjir-geval word nie

2017-08-17
Dr Pieter Groenewald

Die Grace Mugabe-voorval moenie ʼn tweede Omar al-Basjir geval word waar sy toegelaat word om die land te verlaat ten spyte van strafregtelike klagtes teen haar nie, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Volgens dr. Groenewald het die waarnemende polisiekommissaris, lt.genl.... Lees verder


Vrye denke is die vyand van die ANC

2017-08-16
Wouter Wessels

Vrye denke is die vyand van korrupsie en magsvergrype en dus per definisie die vyand van die ANC-regering, het Wouter Wessels, VF Plus-LPW, gedurende die sitting van die Vrystaatse Wetgewer gesê.

Wessels het gesê die feit dat die ANC nou sy eie parlementslede wat vir die mosie van... Lees verder


Gelykheid word nie deur kunsmatige kwotas bevorder nie – begin by alledaagse uitdagings wat vroue in gesig staar

2017-08-16
Wouter Wessels

Solank as wat die regerende party kunsmatige kwotas op Suid-Afrikaners afdwing en nie fokus op alledaagse uitdagings, soos toegang tot en kwytskelding van BTW op sanitêre ware, wat vroue daagliks in die gesig staar nie, sal geslagsgelykheid nooit behoorlik bevorder kan word nie, het Wouter... Lees verder


Belastingombud-klagtes toon aan dat die SAID nie meer vertrou word nie

2017-08-15
Adv Anton Alberts

ʼn Parlementêre vraag van die VF Plus oor klagtes wat oor die belastinggaarder (SAID) ontvang is sedert die belastingombud tot stand gekom het, dui daarop dat als nie wel in die SAID is nie en dat dié diens al hoe minder vertrou kan word om dispute met belastingbetalers self te hanteer.

... Lees verder

VF Plus verwelkom hooggeregshof se bevinding wat die grondwetlike mandaat van die Reserwebank bevestig

2017-08-15
Adv Anton Alberts

Die VF Plus verwelkom die hooggeregshof in Pretoria se bevinding wat die grondwetlike mandaat van die Reserwebank bevestig asook die hof se tersydestelling van die Openbare Beskermer (OB) se kommentaar oor die Reserwebank se rol in haar verslag oor die ABSA/CIEX-ondersoek.

Adv. Anton Alberts, die... Lees verder


Water is kosbaar soos die inwoners van Roodepoort kan getuig

2017-08-15
Mnr. Franco de Lange

Die wateronderbreking wat sedert Sondagoggend groot gedeeltes van Roodepoort sonder drinkwater gelaat het, kan toegeskryf word aan die nalatigheid van ʼn onafhanklike boukontrakteur wat ʼn hoofwatertoevoerpyp op die hoek van Ellis- en Hendrik Potgieter raak gekap het, sê Franco de Lange, VF... Lees verder


« 1 2 ... 17 18 19 20 21 ... 162 163 »