Mediaverklarings

President Zuma soos 'n bottel sonder gas

2016-02-11
Dr Pieter Mulder

Die staatsrede van president Jacob Zuma vanaand was verbeeldingloos en sonder om werklik die ernstige Suid-Afrikaanse ekonomiese probleme aan te spreek, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus. 

“Die staatsrede was grootliks ʼn herhaling van wat in vorige jare gesê is... Lees verder


Indien pers buiteruimtelike wesens rassisties is, sal DSTV X-Files van die televisie moet haal

2016-02-10
Adv Anton Alberts

Die hele kwessie rondom die sogenaamde pers ‘blackface’-geval by die Universiteit van Stellenbosch (US) is so gek dat die logiese gevolg van die denke van Open Stellenbosch en die ondersoek van die US-owerhede daarop neerkom dat DSTV gedwing sal moet word om die program X-Files van die... Lees verder


Wat die VF Plus graag met SONA sal wil hoor en sien

2016-02-09
Dr Pieter Mulder

Wat sal die VF Plus graag van president Jacob Zuma wil hoor met die staatsrede Donderdag (11 Februarie), wat is die VF Plus se siening rondom die ontwrigting van verrigtinge by die parlement en die rol wat die EFF en Nkandla na verwagting hierin gaan speel?

Op die vooraand van die staatsrede duik... Lees verder


Pers gesigte: Moenie die debat om rassisme belaglik maak nie, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus

2016-02-09
Dr Pieter Mulder

Pers gesigte: Moenie die debat om rassisme belaglik maak nie, sê d. Pieter Mulder, leier van die VF Plus

Rassisme wat op ʼn berekende wyse mense verneder of benadeel, is ʼn ernstige saak. Daarom dra rassisme van swart kant en van wit kant die kiem om Suid-Afrika en alle verhoudinge te... Lees verder


Ingryping van VF Plus stop moontlike SEB-vergrype van die SAL by Bidvest

2016-02-08
Adv Anton Alberts

ʼn Moontlike poging van die SAL om die Wet op Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB) te oortree, het gesneuwel nadat die BBSEB-kommissie einde verlede jaar op versoek van die VF Plus die aangeleentheid ondersoek het en die SAL daaroor gekonfronteer het, sê adv. Anton Alberts, die... Lees verder


Nkandla: VF Plus kla ministers by Openbare Beskermer aan

2016-02-05
Dr Pieter Mulder

Die Vryheidsfront Plus het die minister van polisie, Nathi Nhleko en die minister van openbare werke, Thulas Nxesi, by die Openbare Beskermer asook by die parlement se etiese komitee aangekla dat hulle die parlement mislei het.

Die verslag wat die ministers oor Nkandla aan die parlement... Lees verder


Nkandla-hofsaak moet voortgaan vir grondwetlike sekerheid

2016-02-04
Dr Pieter Mulder

President Zuma se Nkandla-skikkingsvoorstel is soos altyd te min te laat. Dit gaan nie die Nkandla-probleme oplos nie. Daarom is die VF Plus ten gunste daarvan dat die hofsaak in die Grondwethof voortgaan. Dit is noodsaaklik dat die Grondwethof vir eens en vir altyd die magte van die Openbare... Lees verder


Onteieningswetsontwerp 'n instrument om grondgrype te wettig

2016-02-03
Dr Pieter Groenewald

“Die Onteieningswetsontwerp wat deur die portefeuljekomitee van Openbare Werke goedgekeur is, word deur die Vryheidsfront Plus verwerp. Dit is niks anders nie as ʼn instrument om grondgrype deur die regering te wettig,” sê dr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder van grondhervorming ... Lees verder


Munisipale store leeg omdat Emfuleni nie betaal nie

2016-02-03
Die Redaksie

Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit se 90 dae dienslewering- en herstelprogram wat op 2 Desember verlede jaar van stapel gestuur is, het verander in ʼn dag-tot-dag krisisbestuurprogram, sê Nic Jansen van Rensburg, VF Plus-raadslid in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit.

“Amptenare... Lees verder


DA-raadslid sê waarom sy aansluit by die VF Plus

2016-02-03
Dr Pieter Mulder

ʼn Gesoute DA-raadslid van Moqhaka (Kroonstad) in die Vrystaat het uit die DA bedank en die VF Plus as haar nuwe politieke tuiste gekies. Dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, het haar vandag amptelik tydens ʼn mediakonferensie in Bloemfontein by die VF Plus welkom geheet. Dr. Albe Viljoen was vir 16... Lees verder


« 1 2 ... 15 16 17 18 19 ... 97 98 »