Mediaverklarings

MRK se besluit om Edward Zuma by Gelykheidshof te vervolg is hopelik ʼn teken van ʼn Artikel 9-instelling wat sy grondwetlike mandaat vreesloos gaan uitvoer

2017-08-04
Adv Anton Alberts

Die VF Plus is baie bemoedig deur die besluit van die Menseregtekommissie (MRK) om Edward Zuma by die Gelykheidshof aan te kla asook strafregtelik te laat vervolg, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus.

Adv. Alberts sê dit dui op ʼn MRK wat ʼn nuwe blaadjie omgeslaan het en... Lees verder


Koalisie ná een jaar

2017-08-03
Dr Pieter Groenewald

Dit is vandag een jaar na die 2016-munisipale verkiesings waar koalisieregerings op plaaslike vlak daartoe gelei het dat die ANC beheer oor drie metro’s verloor het, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Dr. Groenewald sê koalisieregerings vereis beter leierskap en ook ... Lees verder


Openbare gesondheidsorg in Sedibeng stort in duie

2017-08-03
Kobus Hoffman

Die stand van primêre gesondheidsorg in die Kopanong-provinsiale hospitaal, Sedibeng, is benard. Dit geld veral met betrekking tot farmaseutiese dienste, infrastruktuur, pasiëntesorg en wagtydperke,” sê Kobus Hoffman, VF Plus-raadslid in Sedibeng (Midvaal).

Hy meen die... Lees verder


Strafregtelike klag teen munisipale bestuurder oor riool in Kroonstad se strate

2017-08-03
Me. Jean Hatting

Die VF Plus het ʼn strafregtelike klag teen die Moqhaka-plaaslike munisipaliteit (Kroonstad, Viljoenskroon, Steynsrus en Vierfontein) se munisipale bestuurder, mnr. Simon Mqwathi, aanhangig gemaak. Mqwathi en die munisipaliteit onder sy bestuur moet aanspreeklik gehou word vir die skending van die... Lees verder


R100 000 vir begrafnis is ʼn klap in belastingbetalers se gesig

2017-08-01
Dévar Smit

Die ANC-beheerde Mangaung-metro het eensydig ʼn bedrag van R100 000 vir die begrafnis van een van sy raadslede toegeken. Die feit dat die uitgawe eers na die begrafnis vir raadsgoedkeuring ter tafel gelê is, is duidend van die ANC se arrogansie en hul minagtende houding jeens belastingbetalers ... Lees verder


VF Plus stel ultimatum aan die Menseregtekommissie weens sy traagheid om teen Zuma se seun op te tree

2017-08-01
Adv Anton Alberts

Die VF Plus het vandag ʼn ultimatum aan die MRK gestel om teen komende Vrydag 4 Augustus teen Edward Zuma op te tree en hom na die Gelykheidshof te neem. Indien dit nie gebeur nie, sal die VF Plus die MRK aangee by die Openbare Beskermer (OB) weens die wanbestuur van fondse deur sake selektief te... Lees verder


Raadslid waarsku teen ‘rioolgat’ in nuutgeteerde Esslinstraat

2017-07-31
Vincent Clark

Die belastingbetalersgeld wat aangewend is om die ingang van Esslinstraat in Potchefstroom te teer is besig om letterlik in ʼn rioolgat weg te spoel, het Vincent Clark, VF Plus-raadslid in die Tlokwe-plaaslike munisipaliteit gesê.

“Die ingang na Esslinstraat is enkele maande gelede... Lees verder


Valke sê sy ondersoek na die Fifa-skandaal gaan na twee jaar steeds voort

2017-07-31
Adv Anton Alberts

Die Valke se ondersoek na Suid-Afrika se betrokkenheid by die Fifa-sokkerbedrogspul wat reeds vroeg in 2015 begin het, en in besonder rakende die aanbieding van die 2010-wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika, gaan steeds voort.

ʼn Woordvoerder van die Valke het op navraag aan adv. Anton Alberts, ... Lees verder


Regering ‘bedag’ op finansiële tegnologiese ontwikkelings

2017-07-28
Adv Anton Alberts

Suid-Afrika se regering is deeglik bewus van tegnologiese ontwikkelings rakende virtuele of kripto-geld en het reeds ʼn interministeriële werkgroep geskep wat dit in samewerking met kundiges uit die private sektor monitor met die oog op moontlike regulering.

Dit blyk uit geskrewe vrae van adv. ... Lees verder


Krugersdorp Wildtuin wanbestuur tot ashoop-status

2017-07-28
Me. Amanda de Lange

Na nog 'n hewige brand in die Krugersdorp Wildtuin is die eens trotse landmerk van Krugersdorp verwoes tot 'ashoop-status', sê raadslid Amanda de Lange van die Vryheidsfront Plus.

Saterdagoggend het 'n brand binne die wildtuin ontstaan waarna die nooddienste ontbied is. Mense wat die brand... Lees verder


« 1 2 ... 10 11 12 13 14 ... 153 154 »