Mediaverklarings

Het Bloemfontein se naam verander?

2014-01-14
Wouter Wessels

“Het Bloemfontein se naam verander?” vra talle ontstelde inwoners na aanleiding van die Afrika-nasies sokkertoernooi se plakkate wat die gasheerstede as Kaapstad, Mangaung en Polokwane aandui (sien aangehegte foto).

Bloemfontein, as een van die hoofstede van Suid-Afrika, se naam het... Lees verder


Petrolprys met gedereguleer word

2014-01-14
Adv Anton Alberts

Faktore soos ‘n swak wisselkoers wat die prys van petrol in Suid-Afrika na rekordhoogtes voer, werk uiters stremmend in op die land se ekonomie en die deregulering van petrol is feitlik die enigste opsie om onafwendbare verdere verhogings effens te versag, sê adv. Anton Alberts, die... Lees verder


Boetes wat Stad Kaapstad uitgereik het met wegspring van Kaap-na-Rio-seiljagvaart was ongevoelig en moet teruggetrek word

2014-01-14
Rdl André Fourie

Boetes wat die Stad Kaapstad aan motoriste uitgereik het met die afskop van die Kaap-na-Rio-seiljagwedvaart op 4 Januarie vanjaar, was ongevoelig en kortsigtig en moet teruggetrek word, sê mnr. André Fourie, Vryheidsfront Plus-raadslid vir die Stad Kaapstad.

Volgens mnr. Fourie het... Lees verder


Zuma moet sê hoe hy Grondwet wil verander

2014-01-09
Dr Pieter Groenewald

President Jacob Zuma moet sê hoe hy die Grondwet van Suid-Afrika wil verander na sy opmerking gister buite Nelspruit aan kiesers waar hy luidens mediaberigte gevra het vir ‘n tweederde meerderheid-stemme in die komende algemene verkiesing om die Grondwet te verander.

“Indien hy... Lees verder


Thandi Modise moet Mulder se voorbeeld volg met motoraankope

2014-01-06
Dr Pieter Groenewald

“Die premier van Noordwes, Thandi Modise, se regverdiging vir die aankoop van ‘n nuwe voertuig van R1,3 miljoen is nie aanvaarbaar nie. Om te beweer die ou voertuig het reeds 120 000 km afgelê en dat sy verplig is om ‘n nuwe te koop is onwaar. Die adjunkminister van... Lees verder


Onderwysstelsel faal leerders voor matriek

2014-01-06
Dr Pieter Groenewald

Suid-Afrika se onderwysstelsel faal die jeug reeds lank voordat hulle matriek skryf en ontneem die land van die noodsaaklike boublokke vir sy toekoms, sê dr. Pieter Groenewald, parlementêre leier van die Vryheidsfront Plus.

Die arbeidsmark vereis meer van ‘n matrieksertifikaat as ... Lees verder


Pelgrimsrus: OB bevestig dat tenderprosudere ‘vergiftig’ is na aanleiding van versoek vir ondersoek deur VF Plus

2013-12-20
Adv Anton Alberts

Die Vryheidsfront Plus se versoek aan die Openbare Beskermer in Julie 2012 om ondersoek in te stel na die tenderprosedure van die Mpumalanga provinsiale regering vir die winkelpersele op Pelgrimsrus, het vrugte afgewerp. “Soos die vermoede was, is die tenderprosedure vergiftig deur growwe... Lees verder


Inter-ministeriële Nkandla-verslag rookskerm om Zuma te beskerm

2013-12-19
Dr Pieter Groenewald

“Die inter-ministeriële verslag oor Nkandla wat minister Thulas Nxesi bekend gemaak het, is niks anders as ‘n rookskerm om pres. Jacob Zuma te beskerm nie. Die ministers word almal in hulle poste aangestel deur Zuma en dit is net logies dat hulle Zuma sal beskerm en sal vryspreek... Lees verder


Versoening en die Afrikaner se plek in SA

2013-12-16
Dr Pieter Mulder

Die terugblikke en huldeblyke die afgelope week, na oud-president Mandela se dood, toon aan hoe ver ons veral die afgelope 15 jaar in Suid-Afrika weg beweeg het van ruimte maak vir mekaar en ware versoening. Die feit dat sommige minderhede vervreemd voel, bevestig dit verder.

Meeste mense in... Lees verder


VF Plus veroordeel verkragting en wrede aanranding van driejarige dogtertjie

2013-12-13
Die Redaksie

“Die verkragting en wrede aanranding van ‘n driejarige dogtertjie naby Thaba Nchu in die Vrystaat bewys opnuut dat die 16 dae-veldtog teen die mishandeling van vroue en kinders geen noemenswaardige invloed op gemeenskappe het nie,” sê Amanda de Lange, voorsitter van die VF... Lees verder


« 1 2 ... 114 115 116 117 118 ... 124 125 »