Media Releases

Rea Vaya-busdiens mors miljoene

2016-03-09
Mnr. Franco de Lange

Die Rea Vaya-busdiens wat die afgelope vier jaar pendelaars in Johannesburg bedien, is ʼn groot ANC-mislukking, sê Franco de Lange, VF Plus-raadslid in die Johannesburgse metroraad.

“Die stad van Johannesburg het meer as R3 miljard spandeer om dié moderne busdiens in werking te... Read more


ANC moet verantwoordelikheid aanvaar vir opstande in weste van Pretoria

2016-03-09
Philip van Staden

Die VF Plus is van mening dat die ANC verantwoordelik gehou moet word vir die opstande van die Gomora informele nedersetting wat vanoggend in Hercules in die weste van Pretoria uitgebreek het.

Die VF Plus se LPW in Gauteng en leier in Pretoria, mnr. Philip van Staden, het vanoggend na aanvang van... Read more


Pres. Jacob Zuma moet waak teen rasverdelende uitsprake

2016-03-09
Die Redaksie

President Jacob Zuma moet daarteen waak om nie deel te raak van die koor wat ongegronde en rasverdelende veralgemenings, soos dat wit mense grond van swartes gesteel het, rondslinger nie, sê mnr. Werner Weber, die VF Plus se woordvoerder oor grond.

Mnr. Weber sê die historiese... Read more


VF Plus se reaksie op die Gauteng Begroting

2016-03-09
Philip van Staden

Die VF Plus het die LUR van Finansies in Gauteng, Barbara Creecy, se provinsiale begroting wat gister ter tafel gelê is, verwelkom.

Die begroting wat voorgelê is, is heelwat beter as die vorige begroting van 2015 en belastingbetalers se geld word nou op min of meer die regte sake... Read more


Pres. Jacob Zuma skok met uitlating oor vroue

2016-03-08
Me. Amanda de Lange

Die Vryheidsfront Plus se nasionale vrouekomitee is sterk gekant teen president Jacob Zuma se seksistiese uitsprake wat hy Saterdag in Nkandla teenoor vroue in Suid-Afrika gemaak het, sê Amanda de Lange, nasionale voorsitter van die VF Plus se vrouekomitee.

De Lange sê terwyl... Read more


Parlement debatteer more rassisme en geweld by universiteite op aandrag van VF Plus

2016-03-07
Dr Pieter Mulder

Rassisme, konflik en geweld in Suid-Afrika maar ook spesifiek by universiteite kan net opgelos word as die regering hom planmatig daartoe verbind, en die VF Plus sal met die parlementêre debat oor die aangeleentheid daarop aandring dat die kwessie as hoogste prioriteit aandag van die regering ... Read more


FF Plus offers various services to assist you to register for forthcoming local elections

2016-03-04
Dr Pieter Mulder

The deterioration of municipalities in South Africa makes this year’s local government elections of the greatest importance and voters are encouraged to ensure that they are registered to vote in the elections. Too many voters decided in the heat of the elections to go and vote, just to find... Read more


Noordwes-premier kyk verby die probleme in sy provinsie

2016-03-04
Die Redaksie

Dit is goed dat die premier van Noordwes, mnr. Supra Mahumapelo, erken daar is uitdagings in die provinsie, maar dit is onaanvaarbaar dat hy nie oplossings vir die uitdagings voorstel nie, sê mnr. Hannes Schutte, VF Plus-LPW vir Noordwes.

In sy reaksie op die premier se provinsiale rede, het ... Read more


VF Plus gaan voort met klag teen Sanral oor ongesertifiseerde meetinstrumente

2016-03-04
Adv Anton Alberts

Dit blyk dat Sanral hom nie steur aan die vereistes van die Wetlike Metrologiewet (Wet 9 van 2014) oor die sertifisering van meetinstrumente nie, en die VF Plus gaan daarom voort met sy klag in dié verband by die Verbruikerskommissie, sê adv. Anton Alberts, parlementêre... Read more


VF Plus spog met nog 'n toevoeging vanaf die DA

2016-03-03
Adv Anton Alberts

Nog ʼn persoon wat diep spore in die Demokratiese Alliansie (DA) getrap het, me. Gerda Senekal van Emfuleni, het haar aangesluit by die stroom mense wat van die DA wegbreek en ʼn nuwe tuiste by die VF Plus vind, sê adv. Anton Alberts, LP en leier van de VF Plus in Gauteng.

Me. Senekal het in... Read more


« 1 2 ... 11 12 13 14 15 ... 97 98 »