VF Plus wil met premier Makhura in gesprek tree oor toestande in Gauteng

2016-03-22
Philip van Staden

Die VF Plus in Gauteng het vandag aangekondig dat die party in ‘n dringende gesprek met die Premier van Gauteng, mnr David Makhura, wil tree.

Die party se LPW in Gauteng, mnr Philip van Staden, het gesê dat so ‘n gesprek brood nodig is aangesien die provinsie die afgelope jaar in erge geweld gedompel is. Onluste en stakings is aan die orde van die dag en die vlaag moorde wat die provinsie die afgelope tyd getref het, is rede tot kommer.

“Gauteng se inwoners is nie meer veilig nie en daar moet dringend in hierdie verband opgetree word. Die burgers van hierdie provinsie word voor die voet uitgemoor soos ons die afgelope tyd ervaar het in Randfontein en die Weste van Pretoria”.

Volgens die VF Plus rig stakings, oproere en die vlaag van moorde en geweld, enorme skade aan die provinsie se finansies en beeld in die buiteland aan en slegs die Premier kan dit stop.

“Dit is nodig dat hierdie gesprek moet plaasvind want die huidige toestand in Gauteng kan nie langer so voortgaan nie”.

 

 

Tel: 084 015 4722

Philip@vf.co.za / PvanStaden@gpl.gov.za