VF Plus staan agter gemeenskappe wat tradisionele kommunale grondeis

2015-12-02
Die Redaksie

Probleme wat hierdie week ontstaan het in gesprekke tussen die regering en die nasionale taakspan van 23 gemeenskappe oor die oordrag van tradisionele kommunale grond, moet vierkant voor die deur van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming gelê word, sê dr. Wynand Boshoff, leier van die VF Plus in die Noord-Kaap.

Dr. Boshoff sê gesprekke wat gister sou begin, is ontwrig nadat agt Noord-Kaapse groepe nie opgedaag het nie. Dit blyk dat die departement geen reëlings getref het om hulle na die Kaap te vervoer vir die vergadering nie.

Hy sê die VF Plus sluit hom by die beswaardes aan aangesien die regte van gemeenskappe om beheer oor hul eie sake te hê, ook die kern van die VF Plus se beleid is.

“Dié party sal in die parlement verantwoording eis van die betrokke minister, Gugile Nkwinti, oor die ongrondwetlike onteiening van gemeenskappe se grond, sowel as die uitgerekte proses om dit reg te stel,” sê dr. Boshoff.

 

Dr. Wynand Boshoff

Kontaknommer: 074 166 5540