VF Plus se premierskandidaat vir Limpopo

2014-03-25
Die Redaksie

Die Vryheidsfront Plus se provinsiale partyraad in Limpopo het dr. Ilse de Beer as sy provinsiale premierskandidaat vir die komende verkiesing aangewys.

Dr. De Beer het opgegroei in Florida, Roodepoort, waarna sy aan PU vir CHO studeer het. Sy behaal haar MA in psigologie en dien ook op die studenteraad waar sy die raadsmedalje ontvang. Sy verwerf haar doktorsgraad in sielkunde aan Tukkies en het tans ‘n sielkundepraktyk op Naboomspruit, waar sy besonder aktief in die gemeenskap is. Sy is getroud met Elardus de Beer en die egpaar het vier kinders.

Die VF Plus in Limpopo is trots op die kaliber van hul premierskandidaat, wat bygestaan word deur bevoegde mede-kandidate onder wie ervare raadslede wat jare reeds die plaaslike gemeenskappe deur die provinsie dien.

 

Johan Willemse

Kontaknommer: 015 297 5922 / 072 197 3134