VF Plus lewer bydrae oor morele kwessies in SA by protesoptog van Africa Christian Action by parlement

2016-02-01
Rdl André Fourie

Die grootsheid van ʼn volk lê nie in sy getalle nie, maar in die rykdom van sy geestelike waardes, karakter, moraliteit en godsdiens, was die boodskap van mnr. André Fourie, VF Plus-raadslid van die Stad Kaapstad, vandag by ʼn protesoptog van die groep Africa Christian Action (ACA) by die parlement in Kaapstad.

Die optog was deel van ʼn dag van gebed en verootmoediging waar die wettiging van aborsie in Suid-Afrika 19 jaar gelede in die besonder veroordeel is.

Mnr. Fourie het gesê dit wil voorkom asof die verkryging van rykdom - selfs deur korrupte praktyke, al hoe belangriker raak terwyl geestelike waardes, moraliteit en riglyne gegrond op godsdiens al hoe minder werd is.

 

Kontaknommer: 083 441 9262