VF Plus in die Noord-Kaap reorganiseer

2015-05-04
Die Redaksie

Die Vryheidsfront Plus se Noord-Kaapse partyraad het Saterdag, 2 Mei, hulle veldtog vir die 2016 plaaslike verkiesing afgeskop en ook 'n nuwe leierskap verkies. Dr. Wynand Boshoff is die nuwe provinsiale leier, met mnre. Danie Coetzee en Schalk Engelbrecht as ondervoorsitters. Dit volg op die onlangse afsterwe van mnr. Nic Aldrich, die Vryheidsfront Plus se Noord-Kaapse provinsiale leier sedert 2009.

Met die plaaslike verkiesings van 2016 voor die deur, berei die party voor om in elke munisipaliteit in die Noord-Kaap kandidate te stel en die verkiesing te beveg. Die nuwe bestuur is ook so verkies dat bestuurslede redelik goed oor die hele provinsie versprei is.

In die lig van al die krisisse die afgelope tyd in Suid-Afrika raak die VF Plus se aandrang dat Afrikaners stelselmatig besluitneming oor sake wat vir hulle belangrik is (internasionaal bekend as selfbeskikking) oorneem, nou meer relevant as ooit. Dit geld ook op plaaslike vlak.

 

Kontakpersone:

Wynand Boshoff: 074 166 5540

Danie Coetzee: 082 561 4668