VF Plus help Jakaranda-kinderhuis met krag

2015-08-25
Die Redaksie

Die Jakaranda-kinderhuis in Tshwane se elektrisiteitstoevoer is verlede week, 21 Augustus, deur die Tshwane metroraad afgeskakel.

Die opvolgende dae was besonder traumaties vir dié kinders. Die kinderhuis huisves sowat 250 kinders en het ‘n verskeidenheid basiese behoeftes, soos skoon klere en ‘n warm bord kos, nodig.

Volgens rdl. Awie Erasmus, VF Plus raadslid in Tshwane metro, het verskeie organisasies ingespring om die noodtoestand te probeer verlig. Die munisipaliteit het egter volstrek geweier om iets aan die situasie te doen en die uitstaande rekening as die hoofrede aangevoer.

Kort nadat die VF Plus van die kinderhuis se dilemma gehoor het, het hulle dadelik aangebied om te help.

Rdl. Erasmus het met die hoof finansiële beampte van die kinderhuis gepraat, en die onderhandelingsproses tussen die kinderhuis en die metroraad aan die gang gesit.

“Die VF Plus kon genadiglik met onderhandeling ‘n baie moeilike situasie beredder en het daarin geslaag om ‘n buitengewone reëling met die metroraad te tref,” sê rdl. Erasmus.

Hy het op sy beurt Tshwane amptenare bedank vir hulle behulpsaamheid. “Hulle het die situasie met deernis en kundigheid hanteer en na ‘n werkbare oplossing gesoek, eerder as om die kinders nog ‘n dag in die donker te hou.”

Die VF Plus staan sy plek vol in die gemeenskap as ‘n politieke party en sal nie skroom om sy invloed in stadsrade van Suid-Afrika te gebruik om mense se lewens op grondvlak te verbeter nie.

 

Raadslid Awie Erasmus

VF Plus Raadslid Tshwane Metro

Tel: 072 815 4053

awieerasmus@gmail.com