VF Plus gaan vra dat hofaansoek om ’n interdik teen inwerkingstelling van E-Tolwet voor 3 Desember aangehoor word

2013-11-20
Adv Anton Alberts

Die Vryheidsfront Plus en sy vennote in die stryd teen –tol, die Transvaalse Landbou Unie van Suid-Afrika (TLU SA) en die Nasionale Belastingbetalers Unie (NBU) gaan vra dat sy hofaansoek om ‘n interdik teen die inwerkingstelling van die E-Tolwet voor 3 Desember aangehoor word, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor vervoer.

Volgens adv. Alberts word die aansoek gebring op grond van die ongrondwetlikheid van die wet en is dit reeds verlede week ingedien.

Die minister van vervoer, Dipuo Peters, het vandag aangekondig dat die stelsel op 3 Desember in werking gestel gaan word nieteenstaande ‘n regsmening van die VF Plus wat wye steun geniet dat die wet ongrondwetlik is, asook groeiende openbare verset teen die stelsel wat volgens die openbare mening ‘n onregverdige vorm van belasting is.

Peters het vandag ook gedreig dat motoriste sonder e-skyfies dubbel gaan betaal en vir geen spesiale afslag in aanmerking gaan kom nie.

Hieroor sê adv. Alberts dat die minister die publiek met haar dreigemente mislei en afpers aangesien daar geen wetlike verpligting is om ‘n e-skyfie te bekom nie, en motoriste wat dit nie aanskaf nie, mag regtens nie beboet word nie aangesien hulle geen wet oortree nie.

“Ons het nou ook vasgestel dat ernstige bedenkinge bestaan oor die sosio-ekonomiese- en verkeersimpakstudies wat gedoen moes word in die aanloop tot die wet.

“Die minister weier om te antwoord op ‘n skriftelike vraag van die VF Plus wat handel oor die uitsluiting van artikels, 3(b) en (c) van die wet rakende die impakstudies. Die vraag was waarom die klousules uitgelaat is, en wanneer dit weer ingestel sou word.

“Hierdie kwessie is van kardinale belang wat betref die wetlikheid van die E-Tolwet en dit is die reg van die publiek is om daaroor ingelig te word.

“Dit lyk of die regering doelbewus probeer om die publiek te mislei. Die ANC loop hom hier vir die eerste keer vas teen reuse openbare verset van regoor die politieke spektrum, en dit sal sonder twyfel reflekteer in aanstaande jaar se verkiesing,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 415 5403

 

NATIONAL ASSEMBLY QUESTION NO 2953

Adv A De W Alberts (FF Plus) to ask the Minister of Transport:

(a) Why has she postponed the immediate enforcement of sections 3(b) and (c) of the

Transport Laws and Related Matters Amendment Act, Act of 2013,(b) what is the rationale

behind this postponement and (c) until when will the postponemnt be applicable.

Reply:

The Department is at this stage not in the position to respond to the question