VF Plus gaan by VN simpatie betuig met terreurslagoffers en gaan plaasmoorde weer in internasionale kollig plaas

2015-11-20
Dr Pieter Mulder

Die VF Plus gaan aanstaande week sy spreekbeurt voor die Verenigde Nasies (VN)-Menseregtekommissie se forum oor Minderheidsregte in Genève, Switserland, onder meer gebruik om simpatie te betuig met die slagoffers en naasbestaandes van die onlangse terreuraanvalle in Frankryk en Libanon waarin meer as 160 mense dood is, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus.

Die tema van vanjaar se gesprekvoering is ‘Hoe die Strafregstelsel Minderhede raak’, en dr. Mulder sê die VF Plus gaan opnuut ʼn pleidooi tot die wêreld rig om erns te hê met plaasmoorde en die menseslagting in Suid-Afrika wat klaarblyklik ongesiens plaasvind.

Luidens syfers van die VF Plus is 11 514 moorde op plase gepleeg sedert 1990, terwyl daar volgens statistiek van die SA Polisiediens (SAPD) byna 18 000 mense in die land vermoor is in 2013/14. Dit is gemiddeld 375 mense per week en 1 500 per maand. Net 4 262 mense is in dié tyd suksesvol vervolg weens moord. Dit is skaars 24%.

Die voorlegging sal noem dat, waar vergelykende syfers rakende moord wêreldwyd dui op 7 moorde per 100 000 mense (van ʼn bevolking), daar 132,8 boere per 100 000 mense in Suid-Afrika vermoor word.

Mnr. André Fourie, voorsitter van die VF Plus se komitee oor internasionale verhoudinge en raadslid vir die Stad Kaapstad, gaan die voorlegging doen.

Dr. Mulder sê die tema leen hom goed tot die VF Plus se voorlegging en die VN gaan gewys word op die Suid-Afrikaanse regering se apatiese houding teenoor veral plaasmoorde waar die staat geen spesiale maatreëls in plek het om die menseslagting doelmatig aan te spreek nie en die SAPD nie eens statistiek hou daaroor nie.

Die VF Plus het dieselfde tyd verlede jaar vier voorleggings voor die VN gedoen wat benewens plaasaanvalle ook die mislukte en skadelike grondeise-proses, regstellende aksie (RA) en die aftakeling van Afrikaans ingesluit het.

Die inleiding tot die VF Plus se voorlegging lui as volg:

“Nieteenstaande die jaarlikse nydigheid en ontkenning van die Suid-Afrikaanse regering se afvaardiging oor die VF Plus se voorleggings, sal ons voortgaan om die aandag van hierdie forum te vestig op kommerwekkende toename van brutale moorde op boere en hul werkers.

“Dit gebeur veral sedert 1994 in die veiligheid van hul eie plase en huise sonder die nodige beskerming of voorkomende maatreëls in die land se strafregstelsel.”

Die voorlegging word hierby aangeheg.


Kontaknommers: 083 419 5403 / 082 674 6670

 

UNITED NATIONS

HUMAN RIGHTS COUNCIL

8TH SESSION: FORUM ON MINORITY ISSUES

Geneva Switzerland 24.25 November 2015

 

Presented by:

Andre Fourie – Chairman: International Relations - Freedom Front Plus South Africa

Notwithstanding the annual rebuttal by the South African government delegation, wishing us away, we are back here to draw the attention of this Minority Forum to the alarming increase in and the continuous brutal murders of farmers and farm workers, in the privacy of their farms, taking place in our country since 1994, without the necessary protection and/or prohibitive measures in place within our Criminal Justice System.

We have no option but to internationalise the violence and atrocities directed at and targeting a strategic minority community enterprise responsible not only for food security, but - which contributes considerably to job creation, economic growth and the prosperity of the entire South African nation.

The urgent attention of this august body is called for in the light of:

  • Various commissions and committees of enquiries, plans and strategies, acknowledgements and commitments from the South African authorities having come to nothing;
  • An unacceptably high total of 11 514 farm murders having been committed from 1990 to 2015 – figures from the SA Institute of Security Services;
  • The overall murder rate per year in SA now stands at 17 900 of which only 23,8% are brought to conviction - this proves how the Criminal Justice System fails the victims.
  • The comparative international murder figures showing an average of 7 murders per 100 000 people per year whereas South Africa registers 32 per 100 000 – but, if projected to specific categories it reflects 54 per 100 000 for police officers and a staggering 133 per 100 000 for farmers and farm workers;
  • The Criminal Justice System in South Africa has failed its own promise to put in place a proposed Area Crime Combatting Unit or Sector Policing System to replace the abolished highly successful Commando-protection-system; and
  • The decision by the policing authority, not to release these facts and figures related to farm murders since 2007, as a separate category, serves as an indictment against their clear neglect to protect this particular minority entity.


Therefore, we, the Freedom Front Plus of South Africa, together with other registered South African participants at this Forum –

Request this 8th Forum on Minority Issues to share and adopt our grave concerns, and - to refer this matter to the Human Rights Commission and the Secretary General of the United Nations for its own investigation into this continuous cruel and violent practice committed with brutal force, and - often extreme torture, against the South African farming fraternity.