VF Plus bedank Sassa vir goeie diens om mense van Kroningspark te registreer vir maatskaplike toelaes

2014-12-03
Adv Anton Alberts

Die VF Plus het met Sassa (Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap) geskakel om bystand te verleen aan mense wat steeds in die Kroningspark-nedersetting woon, asook diegene wat na Munsieville geskuif is.

Volgens adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementslid en Gautengse leier, het hy in die verband direk geskakel met die kantoor van me. Virginia Pieterse, hoof uitvoerende beampte van Sassa.

“Sassa het verlede Donderdag op ʼn baie professionele wyse die mense geregistreer vir maatskaplike toelaes. Die VF Plus wil Sassa en me. Pieterse hartlik bedank vir hul diens. Dit is verblydend om te sien daar is nog instellings in die staat wat omgee vir mense en wat goeie diens kan lewer,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403