Treinongelukke: 32 sedert 2010

2015-08-26
Dr Pieter Groenewald

Die minister van Openbare Ondernemings, me. Lynne Brown, het bevestig dat daar 32 treinongelukke in Suid-Afrika sedert 2010 plaasgevind het. Sy het in die parlement geantwoord op ’n vraag van dr. Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus. In hierdie ongelukke was 10 werknemers beseer en 11 werknemers het gesterf.

Die meeste treinongelukke, nl. 11 het in 2013 plaasgevind en vanjaar het daar reeds sewe ongelukke plaasgevind. Dit sluit die onlangse treinongeluk by Kimberley uit.

“Die minister het die vraag oor die aantal beseerdes en sterfgevalle omseil deur na werknemers te verwys, terwyl die vraag aantal persone was. Baie meer passasiers het beserings opgedoen en het selfs gesterf in van hierdie treinongelukke.

“Indien na die redes van hierdie treinongelukke gekyk word, is dit duidelik dat dit weens nalatigheid was en die swak instandhouding van treinspore en treinwaens. Dit wissel van stukkende spoorlyne, gekraakte wiele en swak remme. Dit getuig ook van swak treindrywers wat sekere seine en tekens ignoreer.

“Die redes van die ongelukke toon dat dit voorkom kon gewees het deur behoorlike opleiding en instandhouding. Daar sal daadwerklik opgetree moet word deur die minister anders gaan verdere lewensverlies plaasvind,” sê dr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Openbare Ondernemings vir die Vryheidsfront Plus.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

ANTWOORD VAN MINISTER :

QUESTION FOR WRITTEN REPLY

QUESTION NO.: 2926

DATE OF PUBLICATION: 14 August 2015

Dr P J Groenewald (FF Plus) to ask the Minister of Public Enterprises:

  1. How many train accidents (a) occurred in ((i) 2010, (ii) 2011, (iii) 2012, (iv) 2013, and (v) 2014 and (b) have occurred since 1 January 2015;
  2. (a) how many persons in each of the specified accidents in each specified year were (i) injured and (ii) killed, (b) where did the specified accidents take place and (c) what was the cause of each specified accident in each case;
  3. Whether she will make a statement on the matter? NW3429E

Reply:

(1) (a) (i) 2010 = 3 train accidents

(ii) 2011 = 2 train accidents

(iii) 2012 = 3 train accidents

(iv) 2013 = 11 train accidents

(v) 2014 = 6 train accidents

 

(b) 7 train accidents.

 

(2 ) (a) (i) * 2010 = 3 employee injuries

* 2011 = no injuries

* 2012 = no injuries

* 2013 = 7 employee injuries

* 2014 = no injuries

since 1 January 2015 = 58 injuries (3 employee injuries and 55 3rd party injuries)

(ii) * 2010 = 6 employee fatalities

* 2011 = 2 employee fatalities

* 2012 = no fatalities

* 2013 = 3 employee fatalities

* 2014 = no fatalities

since 1 January 2015 = two 3rd party fatalities

 

(b) See annexure A

 

(c) See annexure A

 

(3) No, the Minister will not make a statement on the matter.