Staat se magsvertoon teen Anwa Dramat mors onnodig belastingbetalers se geld

2015-02-06
Dr Pieter Groenewald

Die VF Plus verwelkom die beslissing van die hooggeregshof in Pretoria dat lt. genl. Anwa Dramat in sy pos as hoof van die Valke heraangestel moet word, en dit kan gesien word as ʼn oorwinning vir grondwetlike demokrasie in Suid-Afrika, sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor polisie.

Regter Bill Prinsloo het die minister van polisie, Nathi Nhleko, se aansoek om verlof tot appèl teen sy vorige beslissing afgekeur. Toe is ook bevind dat Dramat se skorsing ongrondwetlik was.

Dr. Groenewald sê die minister moet ontslae raak van sy regsadviseurs wat die belastingbetalers se geld mors om bloot ʼn magsvertoon te lewer eerder as om die uitsprake van die Grondwethof en ander howe te gehoorsaam.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403