Sekerheidsklarings word ’n klug en bedreig SA se veiligheid

2014-01-15
Dr Pieter Groenewald

Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, me. Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het erken dat kol. Nceba Patrick Bobelo, wat skuldig bevind en tronkstraf opgelê is aan roof op 6 Maart 1995, ‘n geheime sekerheidsklaring ontvang het. Sy het geantwoord op ‘n vraag van Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus in die parlement. Bobelo was die bevelvoerder van die weermag se gesamentlike taktiese hoofkwartier in Mpumalanga.

“Dat Bobelo so ‘n strategies pos beklee het, en ten spyte van sy misdaadrekords, steeds ‘n geheime sekerheidsklaring kon kry, maak ‘n klug van sekerheidsklarings en skep ‘n veiligheidsrisiko vir Suid-Afrika. Hierdie tendens is nie net in die weermag nie, maar word ook by die Polisie se Misdaadintelligensie gevind. Praat nie eers van die tolk wat die gebare taal gedoen het by die gedenkdiens van Mandela nie. Bobelo het met strategiese militêre geheime gewerk wat beteken dat vyande van Suid-Afrika maklik geheime klarings kan kry waardeur hulle kan spioeneer op die Weermag,” sê dr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder vir Verdediging van die Vryheidsfront Plus.

“Wat verder kommerwekkend is, is dat Bobelo se sekerheidsklaring reeds in 2005 verval het, maar nooit hernu is nie. Geheime en uiters geheime sekerheidsklarings is net vyf jaar geldig. Dit beteken die weermag het nie behoorlike kontrole oor hulle sekerheidsklarings nie en beteken dat Bobelo eintlik van 2005 met geheime inligting gewerk het sonder enige sekerheidsklaring. Die vraag is hoeveel ander soortgelyke gevalle is daar in die weermag. Die Vryheidsfront Plus gaan in die parlement vra dat die minister ‘n behoorlike ondersoek doen en dat dissiplinêre stappe geneem word teen die betrokkenes verantwoordelik vir sekerheidsklarings,” het Groenewald gesê.

 

Kontaknommer: 083 627 4397

 

ANTWOORD VAN MINISTER:

NATIONAL ASSEMBLY  - QUESTION FOR WRITTEN REPLY

 

 

  1.   Dr P J Groenewald (FF Plus) to ask the Minister of Defence and Military Veterans:

(1)      Why has the SA National Defence Force (SANDF) kept a certain person (name furnished) in their employ for so long despite his sentence for armed robbery;

(2)       whether the said person had security clearance; if not, why not; if so, what type of clearance;

(3)       how regularly is the security clearance of officers in the SANDF reviewed;

(4)       whether she will make a statement on the matter?     NW3639E

REPLY

  1. The South African National Defence Force has not been aware until now that the said person was involved in armed robbery. This is more so because the said armed robbery occurred in about 1993.  This issue was in the domain of the SAPS. However, the SANDF is currently investigating how this oversight may have occurred.

     

    (2)       The member has no valid security clearance at present. However, the memberhad secret clearance which has since lapsed as of 2005. Member has not re-applied for any clearance as yet.

     

    (3)       Security Clearances are supposed to be reviewed upon expiry:

  • Secret clearances lapse after five years

  • Confidential clearances lapse after 10 years.

  • Top Secret expires also after 5

                         

    (4)       No                  NW3639E