Regsklinieke by universiteite moet optree teen oproermakers

2016-03-22
Adv Anton Alberts

Universiteite kan skade weens geweldpleging nie bekostig nie en moet voortaan hul eie regsklinieke gebruik om die skade te verhaal van skuldige partye, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor hoër onderwys.

Luidens ʼn berig in Netwerk24 beloop die totale skade by alle universiteit in Suid-Afrika sedert die onrus verlede jaar begin het, meer as R145 miljoen.

Adv. Alberts sê die VF Plus se advies aan universiteit is om hul regsklinieke te gebruik om die skuldiges soos die EFF tot orde te roep en hul sodoende te laat besef hul wandade kan nie skuldloos bly nie.

“Studentegroepe en partye wat openlik by die wanorde en vernietiging van eiendom betrokke is, moet leer dat hulle ʼn prys daarvoor gaan betaal. Dit sal ongetwyfeld daartoe lei dat hulle in die toekoms sal besin voordat hulle wanordelik optree,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommes: 082 391 3117 / 083 419 5403