Premier van die Vrystaat moet eerder sy bedanking aankondig

2014-02-20
Wouter Wessels

Die Vryheidsfront Plus sal graag wil hoor dat die premier van die Vrystaat, mnr. Ace Magashule, more tydens sy provinsiale openingsrede konkrete aankondigings ten opsigte van infrastruktuurontwikkeling, -herstel en -opgradering sal maak.  Dit is ook nodig dat die premier ‘n aksieplan rakende die swak tot geen dienslewering deur munisipaliteite in die Vrystaat bekendmaak. Die mislukte gesondheidsisteem moet as ‘n prioriteit aandag geniet.

Korrupsie en tenderbedrog moet deur die provinsiale openingsrede aangespreek word.

Die enigste manier waarop die premier dit egter sal kan doen is om more sy bedanking as premier aan te kondig.  Dit is die enigste eerbare opsie aangesien die premier die Vrystaat gruwelik in die steek gelaat het.

Die provinsiale openingsrede sal egter heel moontlik vol retoriek wees en verwysings na die verlede bevat.  Die premier sal poog om ‘n suikerlagie om die bitterpil wat die inwoners van die Vrystaat op ‘n daaglikse basis moet sluk te sit.

 

 

082 674 6670