Plaasaanval op Memel

2015-03-16
Die Redaksie

Die Vryheidsfront Plus is geskok oor die mees onlangse plaasaanval wat op Sondag, 15 Maart 2015 op die plaas van Jaco en Bessie Maritz in Memel plaasgevind het. Die VF Plus is verheug dat niemand dood of beseer is nie.

Jan van Niekerk, provinsiale leier van die VF Plus in die Vrystaat, verwelkom die omliggende boere en die gemeenskap se vinnige optrede om die booswigte vas te trek. Die feit dat vier van die ses aanvallers reeds teen gistermiddag opgespoor en in hegtenis geneem is, getuig daarvan dat boere keelvol is vir plaasaanvalle en dat gemeenskappe hulself posisioneer om hul te beveilig en te verdedig teen sulke aanvalle.

Die VF Plus doen ʼn beroep op boere om betrokke te raak by die gemeenskapspolisiëringsforums om sodoende hulself in staat te stel om hulself op ʼn verantwoordelike wyse te beskerm.

 

JAN VAN NIEKERK

(083 743 2042)