Parlement behoort nie aan die ANC nie

2015-06-02
Dr Corné Mulder

​Suid-Afrika se parlement kan nooit aan die regerende party behoort soos die ANC ooglopend glo nie. Dit behoort aan al die mense van Suid-Afrika, sê dr. Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus.

Dr. Mulder het vandag met die parlement se begrotingsposdebat gesê die Grondwet van Suid-Afrika het inleidend verskeie bepalings wat hoofsaaklik een doel het, en dit is om verantwoordbaarheid deur eerlikheid en openheid te verseker.

Hy sê die waarheid is egter dat die parlement nie daarin slaag om dit reg te kry nie, en dat die vorige ad hoc-komitee oor Nkandla ʼn goeie voorbeeld is oor hoe verantwoordbaarheid misluk het.

“Die uitslag sal dieselfde wees met die volgende komitee aangesien niemand verantwoordelikheid wil aanvaar nie. Leiers word gevra om hulself te ondersoek. Niemand kan so ʼn parlement ernstig opneem nie.

“In hierdie aftakeling van die parlement speel lojale ANC-kaders wat die staatspresident beskerm, ʼn groot rol. Hy hoef dit nie eens selfs te doen nie. Niemand tree op volgens wat reg en verkeerd is nie, maar slegs volgens opdragte vanuit Luthuli-huis, sê dr. Mulder.

 

Kontaknommers: 083 626 1497 / 083 419 5403