Opskorting van slimmeters in Tshwane

2015-05-13
Die Redaksie

Die raadslede van die Vryheidsfront Plus in die Tshwane metro het ‘n mediaverklaring ontvang vanaf die Tshwane Metro se kommunikasie-afdeling met die titel: Tshwane verbreek slimmeter-kontrak met PEU.

Volgens die verklaring het die metro die kontrak met PEU vir die installering van elektrisiteitsmeters summier opgeskort.

Volgens die diensooreenkoms tussen die twee partye kos die projek die Tshwane munisipaliteit tot op hede R830 290 787.00. In totaal is 6 572 groot kragverbruikersmeters en 6 348 kleiner kragverbruikersmeters geïnstalleer.

“Dit is onduidelik wat die munisipaliteit nou gaan doen rondom slimmeters in die metro. Hierdie formele opskorting van die projek lei ook tot baie ander onbeantwoorde vrae.

“Die Vryheidsfront Plus is oortuig dat die saak ondersoek moet word, want daar is beslis meer vrae as antwoorde”, meen rdl. Uys.

Hy het die belastingbetalers van Tshwane verseker dat die VF Plus die saak in die raad sal opneem. “Dit is ‘n skande dat belastingbetalers se geld weer eens vermors word.”

 

Raadslid Piet Uys

VF Plus: Tshwane metro

082 7746760