Onderwys-minister moet antwoord op verkrag-vraag

2013-11-28
Dr Pieter Groenewald

“Die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, moet antwoorde verskaf oor die verkrag-vraag in die matriekvraestel wat handel oor die toneelstuk Tshepang. Wat was dan die vraag as die department ontken dat daar nie van leerlinge verwag was om verkragting te beskryf nie? Selfs die dramaturg, Lara Foot, beskou die vraag as onvanpas en selfs weersinwekkend. Dit wil voorkom asof die opstellers van die vraag onkundig en onprofessioneel is,” sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se parlementêre leier.

“Die minister moet verduidelik hoekom in die eerste plek besluit is op die toneelstuk Tsepang. Dit word aanvaar dat verkragting ‘n ernstige probleem in die samelewing is, maar die onderwerp moet professioneel en kundig oorgedra word aan leerlinge, anders kan dit meer skade berokken as bewusmaking van die probleem. Die minister is nou ‘n antwoord aan die publiek verskuldig en daar kan nie gewag word dat antwoordstelle gebruik word om te kyk of kandidate negatief deur die vraag geraak is nie,” het Groenewald gesê.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403