Nelson Mandela se afsterwe

2013-12-06
Dr Pieter Mulder

Namens die Vryheidsfront Plus spreek ek my simpatie uit met oud-president Nelson Mandela se vrou en familie na sy afsterwe.

It is given to few men to live out their dreams in their lifetime. Nelson Mandela succeeded in doing this. Against the most colossal odds, he had realized the vision he had as a young man.

Kan een persoon ’n verskil in die politiek maak? In my jongdae was ek dikwels in debatte hieroor.

Die politiek is te ingewikkeld met te veel dinge wat voortdurend verander. Een persoon alleen het min werklike invloed op al hierdie veranderlikes, het ek geargumenteer. Ek was verkeerd.

Een persoon, op die regte plek, op die regte tyd en met die regte aanslag kan ’n reuse verskil maak. Nelson Mandela was so ’n persoon. Hy het hierdie stelling as korrek bewys. Hy het nie net ’n invloed op Suid-Afrika nie, maar op die hele wêreld gehad.

Wie sou kon voorspel watter impak hy, nie net op swart mense nie, maar ook op wit mense sou hê. Tog het hy nie berekend net vir populariteit gegaan nie. Ek onthou hoe hy veertigduisend mense in ’n stadion aangespreek en streng berispe het omdat hulle nie die Afrikaanse gedeelte van die volkslied gesing het nie.

Na ’n gespreksontbyt en ’n uur lange gesprek met hom alleen in die negentigerjare, was my opsomming dat vriendelikheid en nederigheid sy sterkste eienskappe is, maar dat jy nie vir ’n oomblik oor sy klipharde wil om sy doelwitte te bereik, moet twyfel nie.

Sy gewildheid het grootliks gelê in sy menslike aanslag op persoonlike vlak. Hy het ’n aanvoeling vir klein dingetjies gehad wat groot impak op mense het.

I started by stating that it is given to few men to live out their dreams in their lifetime. Nelson Mandela succeeded in doing this. Die vraag is, wat was hierdie drome van mnr. Mandela?

Tydens die Rivonia-verhoor het mnr. Mandela op 20 April 1964 die hof toegespreek. Hy sluit sy rede soos volg af: “I have fought against white domination, and I have fought against black domination. I have cherished the idea of a democratic and free society in which all persons will live together in harmony and with equal opportunities. It is an idea for which I hope to live for and to see realized, but my lord, if it needs be it is an ideal for which I am prepared to die.” In sy eerste toespraak in Kaapstad na sy vrylating in 1990 het mnr. Mandela hierdie standpunt herhaal.

Die vraag na mnr. Mandela se dood is tot watter mate Suid-Afrika hierdie ideale bereik het? En vir die toekoms - gaan hierdie drome meer of minder waar word in Suid-Afrika?

 

Kontaknommers: 082 674 6670 / 083 419 5403