Nasionale debat nodig oor simbole

2014-01-20
Dr Corné Mulder

Die geskiedenis van Suid-Afrika strek nie net oor die ANC se struggle-tydperk nie en ‘n nasionale debat is nodig oor die behoud van simbole wat vir elke gemeenskap van waarde is, sê dr. Corné Mulder, VF Plus-woordvoerder oor Kuns en Kultuur.

“Die land behoort aan almal wat daarin woon en ons moet mekaar se geskiedenis erken en respekteer. Die ANC probeer telkens om hulle dienslewerings-mislukkings te verdoesel kort voor verkiesings met die skielike verandering van straat- en dorpsname. Almal in die land het helde gehad. Voeg ander by, maar moenie van myne wegneem nie,” sê dr. Mulder.

Volgens dr. Mulder word daar op nasionale vlak wel tot ‘n mate daarin geslaag om ‘n balans hieroor te kry, maar nie op plaaslike vlak nie.

Hy sê ‘n nasionale debat oor die aangeleentheid is daarom nodig. “Almal se nalatenskap aan Suid-Afrika moet erken word en die ANC kan nie alleen-aanspraak op die land se geskiedenis maak nie,” sê dr. Mulder.

 

Kontaknommers: 083 626 1497 / 083 419 5403