'n Massiewe een miljoen leerlinge betaal nie vir onderwys in Gauteng nie

2015-09-23
Die Redaksie

Die VF Plus is bekommerd dat Gauteng alreeds in 'n welsynstaat ontaard het en dat dinge nog net erger gaan raak.

Dit volg nadat die Gautengse Departement van Onderwys vandag in hul eerste kwartaallikse verslag vir die 2015/16 finansiële jaar bekend gemaak het dat 'n massiewe 1 231 673 leerlinge in Gauteng geen skoolfondse betaal nie.

Die VF Plus se LPW in Gauteng, mnr Philip van Staden, het in reaksie hierop gesê dat die LUR vir Onderwys besig is om deur hierdie program wat hy najaag, onderwys tot 'n val in Gauteng te bring.

"Dit is verstaanbaar dat daar arm kinders is wat nie skoolgelde kan betaal nie, maar volgens hierdie verslag is dit die departement se einddoel om soveel as moontlik leerlinge gratis te akkommodeer. Hulle teiken was 1 174 638 leerlinge en dit is reeds oorskry met 57 000 leerlinge".

Die VF Plus is van mening dat deur hierdie program die LUR samevoeging van beheerrade wil afdwing op die skole van Gauteng wat hard werk om net net kop bo water te hou.

Dit is deur die skep van 'n welsynstaat in Gauteng dat die LUR van Onderwys sulke programme van stapel stuur.

 

Philip van Staden LPW Gauteng

Tel: 084 015 4722

Philip@vf.co.za / PvanStaden@gpl.gov.za