Mthethwa mors belastingbetalers se geld met hofsake

2013-10-01
Dr Pieter Groenewald

“Die uitspraak van die Grondwethof dat die minister van Polisie, mnr. Nathi Mthethwa, nie die ondersoek na misdaad in Khayelitsha kan verbied nie, is bewys dat die minister ongrondwetlik wou optree. Mthethwa mors belastingbetalers se geld en verryk net sy regsverteenwoordigers. Daar kan met reg gevra word wie is sy regsadviseurs en of meriete of politiek die motivering was om na die Grondwethof te gaan. Dit wil voorkom of politieke oorwegings die rede was,” sê dr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder vir Polisie van die Vryheidsfront Plus. 

“Verlede jaar alleen (2012/13 boekjaar) het die Polisie R204 miljoen net aan siviele eise betaal. Die indruk word gewek dat die Polisie hom graag tot die howe wend want regskoste is nie ’n oorweging nie. Dit het tyd geword dat ondersoek ingestel word om, in die geval van sekere hofsake, die minister persoonlik aanspreeklik te hou vir die regskoste,” het Groenewald gesê. 

 

DR. PIETER GROENEWALD

Vir verdere navrae: 083 627 4397 / 082 472 0189