Minderhede baat nie by DA- en ANC-optogte

2014-02-13
Jaco Mulder

Die afgelope optog van die DA in die Johannesburg middestad om die aandag te vestig op die noodsaak vir werkskepping, sluit ironies genoeg juis minderhede uit wat deur rasgedrewe regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging deelname aan die ekonomie ontsê word, sê mnr Jaco Mulder, LPW en VF Plus leier vir Gauteng.

Beide die ANC en DA ondersteun regstellende aksie sowel as die Wet op Gelyke Indiensneming wat daartoe gelei het dat die DA ‘n groot komponent van sy tradisionele steunbasis verraai het.

Alhoewel onvoldoende werkskepping in Suid-Afrika ‘n gegewe is, was die DA-optog dus niks anders as ‘n publisiteitsfoefie van die DA om steun onder swart kiesers te werf nie.

 

Kontak 082 466 3786