Mediakennisgewing: VF Plus se nasionale leier besoek die Masilonyana-munispaliteit

2014-04-10
Wouter Wessels

Die ANC verkondig dat hul 'n goeie storie het om te vertel. Die kiesers se daaglikse realiteit verskil egter drasties van hierdie storie. Dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, besoek op Vrydag, 11 April 2014 die Masilonyana-munisipaliteit as deel van die VF Plus se verkiesingsveldtog in die Vrystaat.

Hierdie munisipaliteit ly onder geweldige swak dienslewering en die in duie stort van infrastruktuur. Dr. Mulder, vergesel deur mnr. Jan van Niekerk, die VF Plus se leier in die Vrystaat en mnr. Wouter Wessels, die VF Plus se Vrystaatse Premierskandidaat, sal die gemeenskap besoek en eerstehands van hierdie kiesers verneem wat die werklike toedrag van sake is.

DATUM : 11 April 2014

TYD : 10:30

PLEK : VERTREKPUNT – CALTEX MOTORHAWE, THEUNISSEN

 

Vir meer inligting, kontak:

 

WOUTER WESSELS, LPW

Sel: 082 674 6670