Mediakennisgewing: Internasionale konferensie oor minderheidsregte

2013-11-20
Wouter Wessels

‘n Paneel van internasionale kundiges en vooraanstaande Suid-Afrikaanse akademici gaan deelneem aan ‘n konferensie oor minderheidsregte wat die Vryheidsfront Plus eerskomende Donderdag (21 November 2013) in samewerking met die Unrepresented Nations and Peoples Organisation (UNPO) by die Parlement in Kaapstad aanbied.

Sprekers sluit verteenwoordigers van die Khoisan-, Bruin-, Barotse- en Rehoboth-Baster gemeenskappe in.

DATUM          :                       21 November 2013

TYD                :                       10:00

PLEK              :                       Ou Raadsaal, Parlement, Kaapstad

 

VIR MEER INLIGTING KONTAK:

 

Wouter Wessels

082 674 6670

 

of

 

Pieter Swart

083 419 5403