Matlosana-munisipaliteit besoedel Vaalrivier

2015-02-10
Die Redaksie

Die Matlosana-munisipaliteit is tans besig om die Vaalrivier te besoedel met onverwerkte riool. Die rioolstelsel in Stilfontein werk weinig, of glad nie, en spoel onverwerkte riool in die Koekemoerspruit wat direk vloei in die Vaalrivier. (Sien foto’s)

“Die Ouditeur- Generaal het selfs bevind dat die Matlosana-munisipaliteit hulle riool onwettig en sonder ʼn lisensie bedryf omdat hulle nie voldoen aan die vereistes om so lisensie te bekom nie,” sê Michal Groenewald, die VF Plus se raadslid vir Matlosana.

“Dit is die ANC-beheerde munisipaliteit se verantwoordelikheid om ons skaars waterbronne te beskerm en hierdie skep ʼn gesondheidsrisiko vir gebruikers van water in die Vaalrivier. Daar sal vinnig en daadwerklik opgetree moet word anders kan eise teen die munisipaliteit ingestel word wat die belastingbetaler geld gaan kos weens hulle nalatigheid.”

Die VF Plus sal ʼn klagte by die groen skerpioene lê en dit verwys na die minister van omgewingsake om die probleem aan te spreek.

 

Rdl. Michal Groenewald

079 409 8342