Maak ons sterker, sê VF Plus

2013-11-08
Jaco Mulder

Dit is nou meer noodsaaklik as ooit dat Afrikaners en minderhede wat hul waardestelsel wil beskerm, gaan registreer om in groot getalle vir die VF Plus in 2014 te kan stem, sê mnr. Jaco Mulder, VF Plus-LPW en leier van die party in Gauteng.

Mulder het in reaksie op die premier van Gauteng, me Nomvula Mokonyane, se politieke verslag vandag in die Gautengse Wetgewer gesê dat partye soos die ANC en DA nie in belang van Afrikaners en ander minderhede optree nie, soos onlangs weer bewys is met hul steun aan die rassistiese Wet op Gelyke Indiensneming.

Die VF Plus is die laaste bastion met ‘n Christelike waardestelsel wat die regte van minderhede beskerm in die Suid-Afrikaanse partypolitieke stelsel en moet versterk word.

 

Jaco Mulder LPW

VF Plus Leier Gauteng

082 466 3786