Laat behoeftige wit en bruin gemeenskappe ook voordeel trek uit Saldanhabaai se nywerheidsontwikkelingsone

2013-10-31
Dr Corné Mulder

Die opening vandag van die Saldanhabaai-nywerheidsontwikkelingsone word deur die Vryheidsfront Plus verwelkom, maar dit is belangrik dat die behoeftige wit en bruin gemeenskappe ook bevoordeel word met die sowat 12 000 werksgeleenthede wat die ontwikkeling na verwagting gaan skep, sê dr. Corné Mulder, Wes-Kaapse leier van die Vryheidsfront Plus.

Die ontwikkeling gaan onder meer voorsiening maak vir ‘n bykomende diepseewater-hawe slegs sowat 100km vanaf Kaapstad. Dit is een van 18 projekte wat deel vorm van ‘n strategiese nasionale ontwikkelingsplan van sowat R4 triljoen aan die infrastruktuur van Suid-Afrika.

“Die situasie kan nou ingrypend verander met die investering van miljarde rande vanaf die regering asook van plaaslike en internasionale beleggers.

“Dit is egter baie belangrik dat die wit en bruin mense van die omgewing deel gemaak word van die ekonomiese oplewing. Die VF Plus is bewus van die mense se vrese dat hulle oor die hoof gesien gaan word wat werksgeleenthede aanbetref.

“Dit mag nie gebeur nie. Dit is belangrik dat almal, ook wit en bruin, gaan deel in die duisende werksgeleenthede wat die ontwikkeling gaan skep,” sê dr. Mulder.

 

Kontaknommer: 083 626 1497