Kleinvallei steek sy hand uit

2015-07-24
Die Redaksie

Kleinvallei se mense wat op ‘n nedersetting aan die buitewyke van Krugersdorp woon het verlede week nie geskroom om die bietjie wat hulle het met ander te deel nie, sê rdl. Amanda de Lange, VF Plus-raadslid in Mogale City.

“Kleinvallei het gereageer op ‘n dringende versoek op facebook dat ‘n jong vrou met ‘n agt dae oue baba dringend hulp nodig het. Die vroue van Kleinvallei het twee sakke klere (een vir die baba en die ander een vir die ma) asook ‘n stootwaentjie en kombersies bymekaar gemaak.

“Ons het dit by Cradle of Hope gaan aflaai waar ons met ope arms ontvang is. Dit is met dankbaarheid dat daar vrywilligers is wat help om in minderbevooregtes se onmiddellike behoeftes te voorsien” sê rdl. de Lange.

Sy het verwys na die Afrisaam-musiekfees wat vanaf 7 tot 10 Augustus op Kleinvallei aangebied word. Bekende sangers soos Jay, Arno Jordaan, Gerhard Steyn, Steve Hofmeyr, Lance James en vele ander sal tydens die vier dae musiekfees optree. Kaartjies is reeds beskikbaar en die publiek kan op die AfriSaam-fees se webwerf, facebook of Kleinvallei se webwerf navrae doen asook die program vir die vier dae besigtig. Daar sal kaartjies by die hekke beskikbaar wees.

“Die inwoners van Kleinvallei wil selfonderhoudend wees. Hulle wil graag in hul eie huise woon, hul eie geld verdien en self na hul behoeftes omsien. Die werksplaas gee hulle daardie geleentheid”, sê sy.

Met die winste uit die musiekfees word daar beoog om so gou moontlik met die bouwerk aan die jeugtuiste, bejaarde sorgsentrum en gesinshuise te begin,” sê rdl de Lange.

Die kunstenaars, wat tydens die fees optree, speel ‘n geweldige rol in die verwesenliking van die Kleinvallei-plaasprojek asook die ongelooflike bydraes van die publiek.

Die VF plus is betrokke by Kleinvallei om inwoners te help. Rdl de Lange besoek die gemeenskap gereeld.

 

Amanda de Lange

071 6049 498

Onderskrif van foto : Rdl. Amanda de Lange van die VF Plus, saam met Marinda Esterhuizen (huismoeder van Cradle of Hope) en Christelle du Toit (belsentrum by Cradle).