Is hidrobreking ā€˜n tweede wapenskandaal?

2014-03-11
Adv Anton Alberts

Hoeveel geld gaan hidrobreking in die Karoo in ANC-koffers laat beland? Wie is die maatskappye wat daardeur bevoordeel gaan word en is kontrakte al met hulle gesluit? En die groot vraag: Hoeveel skade gaan die ontginning van aardgas werklik aan die Karoo aanrig?

Dit is van die sleutelvrae wat tans onbeantwoord in die lug hang en waaroor die ANC-regering swyg, sê adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor Energie.

Adv. Alberts sê die feite op die tafel, soos reeds daaroor gepubliseer is, dui daarop dat hidrobreking astronomiese geldelike voordele vir die ANC inhou deur hul steun vir Shell in die projek. 

Shell se Suid-Afrikaanse bemagtigingsvennoot in die projek is Thebe Beleggings wat 12% van Shell SA Refining besit en 14% van Shell SA Marketing. Batho-Batho-Trust besit 51% van Thebe. Die ANC is die enigste begunstigde van Batho-Batho en sal dus direkte geldelike voordeel uit die projek trek.

Rolspelers wat die projek teenstaan, soos mnr. Jonathan Deal, voorsitter van die Treasure the Karoo Action Group, bevestig hierdie gegewens en sê dat die potensiaal vir korrupsie ‘enorm’ is.

Hy sê alles dui daarop dat die ANC-regering en ‘n klein groepie maatskappye hulself geweldig kan verryk en dat die geld wat betrokke is, die wapenskandaal by verre kan oortref. Volgens mnr. Beal se inligting is kontrakte gereed en is van dit moontlik onderteken.

Adv. Alberts sê dit is kommerwekkend dat die regering al die rolspelers in die duister hou en dat die proses net soos met die E-Tolwet deur die parlement gestoomroller word sonder die insette van alle belangegroepe en sonder om openheid aan die dag te lê.  

“In ‘n perfekte omgewing sou hidrobreking reeds ‘n yslike risiko wees. In Suid-Afrika, met sy skaars waterbronne en ‘n regering wat in die proses oënskynlik geld bo bewaring stel, kan dit rampspoedige gevolge inhou.

“Kundige navorsing van Suid-Afrikaanse universiteite het reeds aangetoon dat die skalie, of rots waaronder die gekontamineerde vloeistowwe wat in die ontginningsproses gebruik word gaan beland, baie meer poreus is as in ander lande waar hidrobreking gedoen word.

“‘n Kundige soos prof. Gerrit van Tonder, hidroloog van die Universiteit van die Vrystaat, waarsku dat die gebied waar hidrobreking gaan plaasvind, weens water- en grondbesoedeling vir die toekoms ‘afgeskryf’ kan word. Dit kan vergelyk word met die skade wat ‘n kernbom aanrig,” sê adv. Alberts.

“In hierdie stadium is daar sprake dat sowat 600 000 ha in die Karoo vir die doel opgeoffer gaan word. Dit sal gas vir sowat 20 jaar verskaf. Maar wat gebeur daarna? Gaan die geldkrane na twintig jaar net toegedraai word?

"In hierdie stadium is daar sprake dat sowat 600 000 hektaar in die Karoo vir die doel opgeoffer gaan word. Dit sal gas vir sowat 20 jaar verskaf. Maar wat gebeur daarna? Gaan die geldkrane na 20 jaar net toegedraai word?

“Die regering sê hy wil 20% gratis aandeel in alle hidrobrekingsnywerhede hê en dat hy dalk kan besluit om sy belang tot 50% te vergroot. Dit alleen kan aan die staat meer as R90 miljard besorg.

Hierdie proses is weereens so hardhandig deurgestoomroller dat ‘n mens onwillekerig paralelle trek met die multimijardrand-wapentransaksie, en die publiek nie sal kwalik geneem kan word as ernstige kommer ontstaan oor die deursigtigheid van die proses nie.

“Selfs in hierdie stadium is dit skreiend dat die staat erken hy gaan 20% neem vir elke lisensie. Dit bewys dat die regering vir eie belang hierby betrokke is en dat dit nie werklik gaan oor die belange van Suid-Afrika en sy inwoners nie,” sê adv. Alberts.

Hy sê wat die aangeleentheid meer verdag maak, is die feit dat daar veel beter alternatiewe in die vorm van skoon energie is wat boonop vir elke rand wat bestee word, meer werk sal skep.

“Die opsie van son- en windkrag is ‘n goeie opsie, maar word nie eens oorweeg nie. In Duitsland word sowat 50% van die land se krag op hierdie wyse opgewek.

“Die VF Plus is gekant teen die proses en sal dit op elke wyse moontlik in samewerking met ander belangegroepe teëstaan,” sê adv. Alberts.

 

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403