Dr. Pieter Mulder eenparig herkies tot leier van die Vryheidsfront Plus

2013-11-18
Wouter Wessels

Die VF Plus se voorsitter, dr. Pieter Groenewald, is ook eenparig herkies op die vergadering wat bestaan het uit afgevaardigdes van al nege provinsies asook die party se verkose verteenwoordigers.

Die uitvoerende dagbestuur vir die nuwe termyn is dr. Pieter Mulder, dr. Pieter Groenewald, adv. Anton Alberts, mnr. André Fourie, dr. Corné Mulder, mnr. Jaco Mulder en mnr. Wouter Wessels.

Hy het tien punte behandel wat hy ‘spelbrekers’ noem wat daartoe bydra dat daar tans groot vloeibaarheid in die politiek is wat lei tot groot belangstelling en groei in die VF plus.

Twee daarvan is die Demokratiese Alliansie (DA) se eierdans rondom Swart Ekonomiese

Bemagtiging (SEB) en die groot rol wat die sosiale media vir die eerste keer speel om die publiek betrokke en ingelig te kry in die debat rondom die komende verkiesing.

 

 

Wouter Wessels, LPW

082 674 6670